boodskap/message

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jou e-pos adres - verpligtend om jou boodskap met sukses te stuur!!!

 

 

 

 Please enter this                                              in this box to validate your entry and to prevent spam.


 

 

 


Nadat jy jou boodskap gestuur het sal jou "browser" program moet "refresh" om jou boodskap hieronder te sien.


gusta@parys.co.za
Tuesday, 06 March 2012
07:42:52


johan.vanhuyssteen@inca.co.za
Tuesday, 10 January 2012
12:11:36

Neels Ons het baie jare terug op Bloemspruit saam gewerk. Ek was die fotograaf daar. Julle het 'n pragtige blad.


adjansevanrensburg@justice.gov.za
Thursday, 24 November 2011
14:17:34

Gebore Adriana Christina Koen. die eintlike soektog is na my ma se familie. Haar,my ouma, en haar susters het nooit van haar ouers gepraat nie. My ouma was Adriana Christina Roodt van Greylingstad. In Greylingstad is daar glo 'n geslagregister boek oor die Roodt wat meld dat my ou ou ou ou oupa glo 'n mynmagnaat was. Niemand het foto's of name van hul nie. wonder wat die groot breek veroorsaak het dat hul eie kinders nie foto's of straaltjies na hul kinders oorgedra het nie.


annmarie@telkomsa.net
Sunday, 28 August 2011
17:57:17

Hallo. My naam is Annmarie Dwyer en ek is 'n kleinkind van Johannes Petrus CLoete Meiring. Sy oupa was Carl Frederik Meiring, maar ek kry ook niks van hom op die internet nie. Weet nie of jy ook van hom afstam nie, maar ek sukkel werklik om die Meiring stamboom op te volg. Daar is nie eintlik inligting nie. My ouma wat met die Meiring getroud was, stam van die Pretoriuse af en ek het die stamvader tot in Holland opgespoor. Maar ek sukkel regtig met die Meirings. Hoor graag van julle


annmarie@telkomsa.net
Sunday, 28 August 2011
17:56:51

Hallo. My naam is Annmarie Dwyer en ek is 'n kleinkind van Johannes Petrus CLoete Meiring. Sy oupa was Carl Frederik Meiring, maar ek kry ook niks van hom op die internet nie. Weet nie of jy ook van hom afstam nie, maar ek sukkel werklik om die Meiring stamboom op te volg. Daar is nie eintlik inligting nie. My ouma wat met die Meiring getroud was, stam van die Pretoriuse af en ek het die stamvader tot in Holland opgespoor. Maar ek sukkel regtig met die Meirings. Hoor graag van julle


mail
Sunday, 20 March 2011
09:06:17

N1xPDt


leondbryn@gmail.com
Wednesday, 09 March 2011
21:31:22

Ou Neels ek was hier en ek moet se jy het n lieflike gesin,en moet se voel nogal trots om te sien dat daar iemand van Van Kerken is wat regtig n sukses van sy lewe gemaak het.Kyk kan nie regtig veel van jou opgroei jare onthou nie maar drie mense wat ek baie goed kan onthou, is jy,jou broer pieter en dierbare ou tannie Heila,wens jou en jou gesin sterkte en net wat mooi is voorentoe.Geteken.Leon de Bruyn,Van oorkant die skool.


neelsbor@telkomsa.net
Wednesday, 02 March 2011
13:46:11

sdfgsdfgvb aetf aEF EG AEGG


dejonghan@gmail.com
Friday, 25 February 2011
21:00:28

Een hele mooie en interessante stamboom


marzelle@labven.co.za
Wednesday, 05 January 2011
14:12:44


joh00n@z0es.com
Monday, 06 December 2010
13:07:43

wim@rhebergen.net
Wednesday, 20 October 2010
16:24:25

Beste Borstlapjes, Dit klink vir my of ek vleis koop by die slaghuis.Ek het op julle afgekom toe ek op internet die firma Borstlap soek wat gereedskappe verkoop.Die die familie lijk nogal interessant.Ek het 25 jaar in SA gebly Nou is ons weer in Nederland.Ons het nog n dogter in Hartebeespoort en vriende in Strand.Ek sien die Hollanders het regte Afrikaners geword.Elke dag kijk ek die Beeld op internet en vra my af wat gaan van SA word.Al wat ek kan doen vir julle is bid. Groete Wim Rhebergen


francoisb@topmail.co.za
Monday, 30 August 2010
16:19:52

Dit was lekker om deur jul webblad te blaai. Groete, Francois


best-opportunity@multisure.co.za
Thursday, 29 July 2010
12:31:01

Hello Ek wil weet of daar enige Botes lede is wat sal belangstel om my boek aan te skaf wat ek besig om te skryf rakende die Botes familie stamregister. Ek is reeds die afgelope 20 jaar hiermee besig en is in die finale fase om dit in boek vorm te sit. Indien julle belangstel sal ek dit waardeer indien jy julle info vir my kan stuur sodat die boek meer persoonlik kan maak. Stuur vir my 'n boodskap dan verwys ek jou na my webblad aangesien ek nie die link hier geplaas kry nie. Groetnis en hoor graag van jou Willie PS Marihen Bortslap en Petrus Botes is my oom en tante


willemmouton@hotmail.com
Wednesday, 26 May 2010
12:49:01

Neels, Ek was baie verras toe ek jou web blad by Mirranda gekry het. Ek sal vreeslik graag met jou wil kontak maak. Ek is ongelukkig net 'n kort tydjie in Suid Afrika en vertrek eersdaags India toe met die genade van die liewe Heer en sal vreeslik graag met jou wil kontak maak. Ek werk al 15 jaar vir Lurgi in Duitsland en reis maar baie rond om die wereld met my gesin. My moeder en my suster bly tans in Paternoster en ons gaan gereeld Kaap se kant toe. Ek is tans in Sasolburg en my nommer is 0169761968 of 0769710038 Groete, Wimpie Mouton


amanda@orcrest.co.za
Monday, 15 March 2010
10:24:19

Hanlie julle het n baie oulike website. regtig iets besonders. ek sien op FB van jou seun se siekte, en my hart is baie seer vir julle. mag Jesus jul almal die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan, en deur hierdie tyd bring. liefde Amanda ns. my pa was saam met jou man in ICU, ek werk vir drs Haasbroek


richvand@bloemhofschool.co.za
Wednesday, 10 February 2010
18:40:28


zaanvorster@gmail.com
Tuesday, 02 February 2010
15:55:23

Ek wil baie graag die stamboom van die Vorsters van die begin tot op hede kry...


wagnerretha703@gmail.com
Monday, 11 January 2010
11:02:43

Hallo Hanle, ek dink so baie aan jou die laaste tyd en het vandag besluit om te kyk of ek nog op jul webtuiste kan inkom. Hoe gaan dit met julle. Hoop om gou van jou te hoor. Groete Retha Swiegers nou Wagner.


cis@word.fr
Thursday, 07 January 2010
22:21:02

artie lange suicide


trans@cart.us
Thursday, 07 January 2010
20:46:17

saint louis gunman


Sunday, 03 January 2010
18:24:55

Hi Lappies Dink bitter baie aan julle, en bid aanhoudend vir die hele gesin en vir CJ Bitter baie liefde Francois aka Melkman


wans@wuart.us
Tuesday, 10 November 2009
21:55:36

Find real buy Zithromax


albierman@metroweb.co.za
Friday, 06 November 2009
15:23:39

Hey Johanei Ek is mal oor die webtuiste ek kan sien jou pa het baie moeite daar in gesit en ek hou van die foto's jy het baie oulik gelyk toe jy klein was. Annika


pieters@intekom.co.za
Saturday, 10 October 2009
22:31:37

Het nou alles probeer, wil nie my lekker lang boodskap aanvaar nie. Sal bly wees as julle my kan kontak. Dankie Irene Pieters nee Steenkamp


ellen@scanfin.co.za
Wednesday, 07 October 2009
14:45:03

Hi daar Borstlap-familie. Dit was baie interessant gewees en ek moet se die stamboom uitleg ens. het my baie deurmekaar gemaak, ek wil nie eers weet hoe baie moeite dit was om dit uit te werk nie.Maar baie geluk met julle stunning website. Julle is 'n baie oulike, hegte gesin. Ek kan maar net hoop om ook eendag so 'n gesinnetjie van my eie te he. Groete Ellen


hayes@tekomsa.net
Sunday, 23 August 2009
15:48:57

Bortslap gesin, Ek is ook 'n afstammeling van die Groblers. My ouma is met Hendrik Frederik getroud en sy pa was die eerste landdrost in Potchefstroom 1841 asook agerende President volgens my ouma se geskrifte. Ongelukkig loop alle besonderhede by hom dood behalwe wat my ouma geskryf het. Ek het nou eers onlangs begin navorsing doen. My ouma se ma was weer 'n Erasmus gewees familie lid van die Spookhuis in Pretoria. Ek het dit geniet om deur jul geslag register deur te blaai, veral die baie besonderhede van die Voorvader en Moeder. Groete van Bettie Hayes.


1K6
Monday, 03 August 2009
05:32:28

Ek is op soek na my moederskant familie voorgeslag - Nicolaas Christoffel Grobbelaar van Graaf Reinet seun van Coert Grobbelaar en getroud met Jeanette Hendriena VAN ROOYEN nee OLIVIER nooiensvan op Jacobsdal. Enige inligting sal verwelkom word. Nico de Jager


sms@37106.co.za
Friday, 03 July 2009
13:48:36

Is jy opsoek na werk of slegs beter betaalde werk. Gaan kyk na die volgende web bladsy www.decalabour.co.za


koosviviers@yahoo.com
Friday, 26 June 2009
14:01:29

Hello daar ek was hier. Opsoek na Viviers stamboom maar nie clue hoe gemaak nie


rborstlap@za.go2uti.com
Friday, 19 June 2009
11:43:34

Hallo daar My naam is Rudi Borstlap Generasie ses of sewe kan nou nie onthou nie gebore negentien vier en tagtig Kempton Park hospitaal Kempton Park Gauteng My pa is Herman Borstlap My ma Carina Borstlap My Sussie Ananda Borstlap Ek hou baie van die Web Tuiste van julle Groete en hoop om van julle te hoor Rudi


lachlainn88@gmail.com
Wednesday, 13 May 2009
09:39:57

Goeie dag Borstlap gesin, Ek wou 'n langer boodskap los, maar die site laat my nie toe nie. Iets van special characters of iets. Briljante site. Hou so aan. Nicolene Grobbelaar 02-07-2009 Thabazimbi


rutna.fourie@mangaung.co.za
Tuesday, 12 May 2009
19:01:05

Dit was voorwaar 'n plesier om na julle webblad te kyk. Neels ek onthou nog julle gesinsfoto wat jy by jou naam het soos gister. Die idee om 'n webblad met al julle fotos te maak is 'n briljante idee. Ek het so in vervoering geraak toe ek hierdeur gegaan het. Die tyd het sommer gevlieg. Baie geluk met julle begaafde kinders. Voorwaar 'n trots. Groete Rutna


rutna.fourie@mangaung.co.za
Tuesday, 12 May 2009
19:01:03

Dit was voorwaar 'n plesier om na julle webblad te kyk. Neels ek onthou nog julle gesinsfoto wat jy by jou naam het soos gister. Die idee om 'n webblad met al julle fotos te maak is 'n briljante idee. Ek het so in vervoering geraak toe ek hierdeur gegaan het. Die tyd het sommer gevlieg. Baie geluk met julle begaafde kinders. Voorwaar 'n trots. Groete Rutna


vastifourie@gmail.com
Sunday, 10 May 2009
11:21:25


ammie_hop@yahoo.co.uk
Wednesday, 06 May 2009
12:59:55

Wat 'n amazing site. Geluk Mari en Rynhardt. Anne-mi


Tuesday, 28 April 2009
10:00:44

toets vanaf tersea


mariannemeye@gmail.com
Sunday, 26 April 2009
11:16:23

Hallo Neels en Hanlie, Ek is baie beindruk deur julle Web-blad. Hou so aan. Rossouw groete, Marianne Rossouw-Meyer


hanlie
Friday, 24 April 2009
01:38:33

Daar is vriende wat ons laat weet het hul sukkel om hul boodskap met die gaste boek te stuur. Met hierdie boodskap toets ek gou of dit wel reg werk.   Ons sal egter aanhou soek vir 'n moontlike fout wat ons nie raak sien nie en dit regmaak wanneer ons dit vind.  Stuur dus gerus jou boodskap.   Indien jy sukkel stuur somer jou boodsakp na ons e-pos neels@borstlap.co.za - Liefde groete.Neels & Hanlie


ertru@bloemhofschool.co.za
Friday, 17 April 2009
13:35:19

Dis so 'n groot voorreg om na die bewys van twee wonderlike mense se geluk en liefde te kyk. Dis pragtig. Mag dit die begin wees van die wonderlikste tyd in jul lewe. Liefde Oom Johan, Tannie Ertru, Naomi, Magdaleen en Vos Hattingh


duppies@mweb.co.za
Thursday, 16 April 2009
16:24:40

the happiest people dont have the best of everything, they just make the best of everything they have. Die Lappies maak voorwaar van eenvoud, basiese omgee en onvoorwaardelike liefde iets onbeskryflik spesiaal. Jul hele gesin straal LEWE. Baie geluk met n voorwaar ongeewenaarde geleentheid wat ons kon bywoon Mari en Rynhardt se troue. Ek het alles weer beleef toe ek deur die fotos blaai en kan net weereens se, Voorwaar voortreflik, verruklik, vreugdevol, verrykkend, vry, En sprekend vol van SY LIEFDE. Lief vir julle. Christa


nadya70@telkomsa.net
Tuesday, 14 April 2009
08:47:45

Rynhartd en Mari, dankie dat ons deur die fotos kon deel in julle sprokiestroue. Die fotos is pragtig, en julle lyk stralend gelukkig. Mari, jy het pragtig gelyk. Die simboliek van julle troue is amazing. Nadat ons die fotos klaar gekyk het, het Laurence voorgestel dat ek en hy weer trou. Liefde Laurence en Nadya


nadya70@telkomsa.net
Tuesday, 17 February 2009
12:25:06

Hallo julle, loop die troukoors hoog. Ek is seker julle vorder sommer fluks met die reelings. Met ons gaan dit baie goed. Hoop om julle die naweek van die troue, of eintlik die week daarna, te sien. Carina moet 28 tot 30 Maart in die Kaap swem, en Johann weer vanaf 4 tot 9 April in Port Elizabeth. Ons gaan by sus Natasha in Bloubergstrand bly en dan so dag of twee na die swem rondkuier totdat ons PE toe moet gaan. Hoop ons sal julle kan sien. Dit gaan baie goed met ons. Mamma en Oom Jan het by ons ingetrek - net tydelik - totdat Mamma werk gekry het, en hulle 'n ander blyplek kan bekostig. JL het toe nie die werk in Kathu aanvaar nie - het besluit geld kan nie geluk koop nie. Partykeer wens ek hy wil nie alles wat ons hom probeer leer het, so slaafs navolg nie. Ek dink dit kon hom goed gedoen het om bietjie weg te kom. Nietemin, ek kla nie. Dis heerlik om hom so naby te he. Liefde vir almal. Nx


frikkie@sheetplastic.co.za
Tuesday, 03 February 2009
15:52:32

Goeie Dag My naam is Carl Hendrik Frederik Meiring. Ek probeer al baie lank om iets uit te vind van my famlilie stamboom maar kan geen inligting kry nie. Die wat my dalk kon help is al oorlede en die wat kan help kan ek nie opspoor nie. My pa is oorlede toe ek nog baie jonk was en het so kantak verloor met die familie. Hoop iemand kan dalk help want ek wil graag meer weet van dei oorsprong van my van en wil meer weet van my voorvaders.


funsaill@hotmail.com
Tuesday, 27 January 2009
08:21:03

Dit was lekker om te sien dat daar nog sulke hegte gesinne in ons samelewing bestaan. My boetie, Michiel van Zyl, was saam met CJ in SWPS in Gr 1. Groete, Leoni  - Hi Leoni, die tyd gaan so gou verby  - dit voel soos nou die dag toe julle nog hier was - dankie vir jou besoek hier by ons en maak weer so. Neels en Hanlie


stsnyman@vodamail.co.za
Tuesday, 30 December 2008
12:09:25

Hallo almal Ek sit vandag hier en besluit om weer 'n bietjie te surf op julle webtuiste. Dis sooo lekker om al die fotos van almal te sien. Al die fotos laat my terugdink aan my kinderdae op Vaalharts,dit was wonderlike tye. Elke naweek het ons gekuier, gebraai. Ou Chris was mal oor braai en mamma Bessie is glad nie lief vir braaivleis..... So het elkeen se pad sy eie rigting gegaan en dink ek hierdie webtuiste is 'n wonderlike geskenk van julle af. As iemand fotos van ou Chris Verwey het moet julle dit asseblief bietjie op die web laat sit, ons het nie baie fotos van daardie kuiertjies nie. En dit was baie Special. Met my en Christo gaan dit goed, ons is in die Strand en geniet elke oomblik van die see. As CJ en Liane op die strand is, lyk ons soos Transvalers, hulle kom net nie oor die see ding nie.  - Dit is somer lekker om van jou te hoor en van die lekker vakansie - Jy moet bietjie gaan sit en iets skryf oor jou pa (Chris) en sommer sy lewensverhaal kortliks beskryf - vra vir ma Bessie om 'n paar van julle foto's saam julle pa (Chris) aan te stuur dan maak ons vir hom 'n memory bladsy op die webblad..  Ek wag vir jou stukkie.


nadya70@telkomsa.net
Wednesday, 03 September 2008
07:35:48

Hi julle almal. Wat 'n wonderlike voorreg om mense soos julle te ken. Ek het vanoggend weer na 'n lang tyd julle website besoek en heerlik saamgekuier, gelag en gehuil. Hanlie, my hart is saam met jou seer oor Oupa Kraai en Ouma Marie. Hulle was vir so lang tyd deel van ons lewe ook. Ek het die nuus van Mari se verlowing met baie gemengde gevoelens ontvang. Ek is baie bly vir haar, maar het iewers diep in my binneste altyd gehoop sy en JL kan afhaak. Ek weet sy sal die wonderlikse dogter wees wat enige iemand kan bykry. Nogtans is ek saam met julle bly. Dit gaan goed met almal. Die kinders word groot, en ons word oud. JL doen baie goed in sy werk. Oorweeg nou 'n verplasing na 'n groter tak, Kathu, met 'n groter salaris. Ek huil al klaar oor sy weggaan, maar groot word moet hulle groot word. Ek sal hom nie vir ewig onder my vlerke kan hou nie. Mamma het Douglas toe getrek. Wonderlik om haar so naby te he. St. Lucia was vrek ver. Baie dankie vir die inpirasie wat julle vir my is. Ek is baie lief vir julle. - Ag jy is 'n Darling en ons hou baie baie van jou Groete xxxxxx


Thursday, 14 August 2008
07:47:16

Baie dankie aan almal wat so getrou ons webblad besoek. Dit is vir ons heerlik as julle boodskappe los. Liefdegroete, Neels en Hanlie


Tuesday, 24 June 2008

 
03:39:30

Hi Julle Dit was lekker om julle webblad te besoek en dit is vir my baie mooi - groete - N  -  Hallo "N" - dankie vir jou kompliment - Groete!


 
Saturday, 14 June 2008
 
14:22:21

Hallo Neels, Hanlie en kids..... dit was nou lekker om julle www te besoek en nou verlang ek darem lekker.....................Laat dit julle goed gaan.Met ons gaan dit goed. Neels, ons is nog steeds besig met die "fight" oor ons grond............Maar jy het vir ons so 'n mooi ding gesê: "What is the point in winning the fight, but losing the battle?" Julle is so pragtige gesin en Hanlie jy weet ons familie was en is nog altyd trots op jou..........en Herman en gesin en Carien en gesin. Liefde vir julle almal. Rina Swan en die manne, Barkly-Wes, Noordkaap, Suid-Afrika dampoort@vharts.co.za -  Rina, ek sien altyd daardie mooi glimlag van jou voor my as ek aan jou dink.  Ek hoop tog vir julle part dat julle die battle daar met die grond sal wen.  Laat dit goed gaan daar in die Noord-Kaap!


 
Wednesday, 11 June 2008
 
16:20:24

Zijn jullie een familie uit Afrika? -  Voorwaar een familie in Afrika en dat wel in Sud Afrika :-)


 
Thursday, 08 May 2008
 
21:45:28

 

ch spreche wel vlooms mo dade versteen der gien botte van greutjes dennis de mennis -  Greutjes we spreche niet vlooms mo we versteen tog iets van!!!!!

 
 
 
Friday, 11 April 2008
14:25:39

H'lo julle Lappies, hier sit eindelik met 'n ledige oomblik na my eerste 2 weke op die nuwe job. Ja ek het van werk verander, nader aan die huis, korter werk ure en natuurlik meer GELD!! Dit is so lekker om al die ou laslappies weer te lees en die familie weer te "sien" en saam te "kuier". Liefde Elschen -   Dankie vir jou kuier hier - hoor of lees weer van jou - Groete!


Monday, 24 March 2008
23:49:25

Hello Oom Neels en Tannie Hanlie Ek was weer hier............. Liefde Francois (MELKMAN)- yes Melkman - ons hoop alles is wel daar by jou - Groete!


Monday, 24 March 2008
07:58:47

Hallo weereens Neels en Hanlie, My e-pos is:- gjvanzyl@mweb.co.za Hanlie se sel 0722563691 Landlyn 011-4756047-  Hi Gerhard ons gaan julle versker kontak - Groete!


Monday, 24 March 2008
07:54:18

Hallo Neels en Hanlie, Ek is Gerhard van Zyl, getroud met Hanlie (Johanna) Borstlap - nou al vir 27 jaar! Heila Vorster het my vertel van Laslappie. Ek moet julle komplimenteer met al die werk wat in hierdie web tuiste ingegaan het! Ek weet nie van enige iets soortgelyks nie! Gaan Hanlie vra om met julle te skakel! Groete. Gerhard - 0836277674


Tuesday, 19 February 2008
10:56:23

Hola aan my klein Mami en my groot Pappa. Ek kry sommer 'n knop in my keel as ek hier op ons webblad rondsnuffel. Ek is so geseënd om julle my familie te kan noem. Ons moet bietjie daardie foto's update. O'ja en ek moet net voor ek 45 word my gradeplegtigheid foto's laat neem...he he he. LIEF vir julle my engel-ouers! Vere en propellers van hieruit die vliegtuig skuur Mari

Ai my liewe kind - dis so wonderlik om so mooi briefie van jou te kry - jy laat die water uit my oë loop.  Jy is baie spesiaal vir ons en ons LIEF jou ook baie!


Saturday, 09 February 2008
01:14:09

ek het rerig baie diep gevoelens vir jou. - en ek voel net so oor jou? ha ha ha


Thursday, 17 January 2008
16:30:23

Ek is Estella gebore Grobler ek sien Anna is op soek na die Grobler's my Pa was Paul Magiel Bester Grobler hy is ongelukkig al oorlede en ek het ook geen kontak met die res van die familie nie daar was Alwyn, Louw, Violet. en dis amper al wat ek kan onthou - Baie dankie vir die inligting.


Thursday, 17 January 2008
16:27:41


Saturday, 12 January 2008
10:59:55

Ek is opsoek na die Grobler voorgeslagte toe ek op hierdie pragtige webtuiste kom. Baie geluk hiermee. Anna

Baie dankie vir die kompliment.  Ons leer maar nog elke dag oor webblaaie.  Ek is ook besig om my Borstlap familie se voorgeslagte op te soek.  My moeder was 'n nooi Grobbelaar en daarom het ek redelik inligting oor die Grobbelaars ook.  Stuur vir my u e-pos adres dan kan ons bietjie inligting uitruil.  neels@borstlap.co.za. Groete, Neels Borstlap


Saturday, 24 November 2007
12:37:48

Hey mami en papi ek love nog steeds die website maar oh ek will net se upgrade 'n bietjie daai fotos en deel van my met meer of nuwe fotos asb. Verder briljant man ek love dit so so so so so so so so baie en sal altyd en ag man ek is te veel lief vir julle dit maak my skoon duislig as ek dink aan die groot getal wat is glo my dis 'n groot groot groot getal lief julle baie

Dankie Johanei, ons is lief, lief, lief vir jou ook!


Friday, 23 November 2007
13:08:45

Hello AC...Die eksamens is klaar!!! Yes!! En dis amper vakansie!! Dit gaan een laaangg vakansie wees! Wou net hello sê...Groete aan almal.....Nadia

Hallo Nadia, bly om te sien jy loer gereeld by ons blad in.  Geniet die vakansie!


Monday, 19 November 2007
19:27:35

Hallo, ik weer! Ik wil me absoluut niet opdringen, maar het is ondertussen al een week geleden dat ik nog iets van Lohan gehoord heb. Is alles nog oké met hem? Of is hij kwaad op mij? Ik hoop dat ik niets verkeerd gezegd heb... Ik zou graag nog van hem horen! Mijn opdracht over Afrikaans voor de Nederlandse les moet klaar zijn op woensdag 28 november (4 dagen na zijn verjaardag: ) ) en dan zou ik dus 5 "lange" e-mails van hem moeten hebben. Het spijt me dat ik jullie zoveel vraag en lastigval! Maar erg bedankt! Groete, Tineke.

Hallo Tineke, jammer jy moes so soebat om nuus uit ons te kry.  Lohan was besig, maar het blykbaar tog vir jou gemail.  Hoop jy kon dit gebruik.  Skryf gerus weer vir ons.  Groete, Neels en Hanlie


Monday, 19 November 2007
15:11:14

Hi, weer ekke. Wil net vir Neels sê dat die fotografie-gogga my ook gebyt het. Ek het begin met 'n Canon 400D en geniet myself gate uit. Ek het nog ongelooflik baie om te leer, laat nie 'n geleentheid verby gaan nie, en maak ook my naam vreeslik gat! Het tydens Johann se prysuitdeling met groot bravade reg voor gaan sit en die een foto na die ander geneem. Daar was kort-kort 'n ander kind by my om te sê "Tannie, Mamma vra jy moet vir so-en-so ook afneem." So moes ek omtrent 12 verskillende kinders afneem, wat ek ook toe met smaak gedoen het, net om uit te vind my kamera het nie 'n memory kaart in nie!!!!! Ek sal jou nog baie lastig val vir tips en hulp. Ek e-mail vir jou een van my nuutstes - Vrydagaand by 'n gala. Dis Carina. Sy het haar bril afgeduik!!! Liefde Nadya

Hallo Nadya, ja nee, fotografie-goggas is gevaarlik.  As een jou gebyt het kom jy nie weer los nie.  Ek is bly jy geniet dit so.  Goeie kamera wat jy het.  Ek dink alle fotograwe, hoe professioneel ookal het altyd iets om te leer.  Mens leer elke dag iets anders.  Ek het lekker gelag oor die memory kaart verleentheid. Jy is welkom om met my te gesels oor foto's neem.  Ek leer ook maar nog.  Groete, Neels


Monday, 19 November 2007
15:03:13

Hallo julle Gaan dit nog goed? Hier by ons gaan dit baie goed. Kinders is druk besig met eksamen - wat 'n stryd - maar Vrydag is als verby en dan kan ons lekker rus. My ma kom die naweek vir 'n troue Kimberley toe, en gaan dan 'n bietjie by ons kuier. Ek en die kinders tel letterlik al die slapies. Ek dink ek het haar meer as 'n jaar laas gesien! JL trek begin Desember 2007 in ons een woonstel in - ai maar dis lekker om huis op te sit. Dis wonderlik hoe mens kan raap en skraap vir geldjies om jou eie mikrogolf te koop! Ons is voorwaar bevoorreg om om hom uit die huis uit, maar tog by die huis, te hê. Ons sien vreeslik baie uit na Maart 2008. Glo dit gaan vir Johann 'n belewenis wees. Hoop ons sal julle dan sien - sal nader aan die tyd meer definitiewe planne maak. Gaan nou eers bye sê - het nou-net 'n kliënt ingestap. Baie liefde en groete Nadya

Hi liewe Nadya.  Lekker om nuus van julle te hoor.  Sê liefde vir almal! 


Friday, 16 November 2007
18:40:31

This is the English translation: Hi again! I, Tineke, am leaving a message in your guestbook again! I'm sorry to bother you again, but for my Dutch lessons in school, I should get some e-mails in african. I already talked to Lohan on msn messenger and he's great! But actually, I should get an answer from him to my e-mails I already sent him. I think he might not understand them well, so I'm adding an English translation to everything I send him. Could someone tell him this? Or maybe he'll read it himself? Thanks a lot! Greets, Tineke.

Hi there Tineke, you will not believe me but I think our Dutch is better that English!  Ha ha, so you can really type in Dutch, we understand it.  I will ask Lohan to send you a mail in Afrikaans, answering all your questions for a start.  Hanlie


Friday, 16 November 2007
18:20:34

Hallo weer! Ik, Tineke, stuur weer eens naar jullie gastenboek! Sorry dat ik jullie lastig val, maar ik zou voor de lessen Nederlands op school echt met iemand e-mails (e-pos) moeten sturen in het Afrikaans. Ik heb Lohan al gesproken op msn messenger en hij is een hele leuke jongen! Maar ik zou eigenlijk een antwoord van hem moeten hebben op de e-mails die ik hem al stuurde. Ik denk dat hij ze misschien niet zo goed begrijpt, dus zal ik bij elke e-pos die ik stuur een Engelse vertaling bijvoegen. Zou iemand van jullie hem dit willen zeggen? Heel erg bedankt! Tineke.

Hallo Tineke.  Jy sal nooit lastig wees nie.  Bly jy en Lohan kon al met mekaar gesels.  Ek sal vir hom sê om 'n mail vir  jou te stuur .  Ons verstaan goed wat jy in Nederlands tik.  Dit is regtig nie nodig om dit in Engels te vertaal nie.  Sterkte met jou skoolwerk.  Hanlie


Monday, 12 November 2007
19:46:34

GOEIE NAAND Ek is ernstig opsoek na 'n video of dvd van 101 Doellynverhale nr 1 en 2. Kan julle my dalk daarmee help asb? Rugbygroete Francois fmeyer@isat.co.za

Hi Francois, jammer ek het geen idee waar jy die video of dvd kan kry nie.  Groete, Hanlie


Wednesday, 07 November 2007
18:09:35

Hallo allemaal! Ik ben Tineke Lowet uit België! Ik heb op school lessen gekregen over Afrikaans en nu zou ik graag wat meer over jullie leefwereld te weten komen, en dan vooral over de leefwereld van Lohan, omdat hij even oud is als mij. Wat doen jullie op school zoal? Wat leer je? Ga je ook uit om te feesten? Heb je dezelfde hobby's als ons? Naar welke muziek luister je? Enkel echt Afrikaanse zoals Mosambiek of ook de internationale muziek? Ik zal eerst wat over mezelf vertellen. Ik ben dus Tineke, 17 jaar en ik woon in Rillaar, België. Ik zit in het 6de middelbaar (matriekjaar) en volgend jaar wil ik taal- en letterkunde(Nederlands en Engels) gaan studeren. Ik heb 2 broers, Tom (13 jaar) en Jelle (2,5 jaar). Ik heb ook 2 honden (Boots&Pepper) en 4 katten (Tattoo,Zjères, Flup en Mops). Mijn hobby's zijn basketbal, in Scala (een koor) zingen en piano spelen. Zou je me iets kunnen terugsturen op mijn e-mailadres (e-pos adres) tineke_lowet@msn.com in het Afrikaans? Heel erg bedankt!!! Alles wat mooi is vir eers, Tineke.

Hallo Tineke.  Dankie vir jou inskrywing.  Ek het vir Lohan jou besonderhede gegee.  Hy sal graag met jou kontak maak. Lekker om van jou te hoor.  Groete, Hanlie


Tuesday, 30 October 2007
15:55:49

Hallo julle, ek het so pas na julle website gekyk, en dis stunning! Ek kan net nie glo dat ons julle hele 2007 ondervindings misgeloop het nie! Voel baie sleg daaroor. Ek sal beslis meer op julle website gaan, dis 'n ondervinding! Liefde Esther

Liewe vriendin van ons.  Dankie dat jy na ons webblad gekyk het.  Ja nee kyk, julle trou heeltemal te veel.  Dit was lekker om saam met julle te kuier.  Loer gerus weer in by ons op die webblad, en by die huis.  Julle is dierbare vriende.  Liefdegroete, Neels en Hanlie


Tuesday, 30 October 2007
09:22:48

GO BOKKE!!! GO CHEETAHS!!!


Friday, 12 October 2007
13:04:43

Dis weer ek, net om te sê ek het julle webwerf vreeslik geniet en 'n stille wens gewens om ook eendag 'n webwerf van my gesin te hê. Julle kinders is pragtig en julle as ouers behoort niks minder as trots op hulle te wees nie. As deel van 'n vurige WP-ondersteuners gesin, was dit lekker om ander ondersteunders as Blou Bulle te sien. Sterkte vir die Semi-Finaal! Groetnis tot 'n volgende keer! Corlene

Dankie Corlene vir die mooi woorde.  Ons beskou alles suiwer as Genade van Bo.  Ja nee kyk, die CHEETAH-bloed vloei dik hier in hierdie gesin.  Groete, Neels en Hanlie


Friday, 12 October 2007
12:50:10

Ek het soos 'n vorige gas, rondgekrap opsoek na die dvd of video - 101 Doellynverhale en op julle webwerf afgekom. Sal dus 'n boodskap los en dan julle webwerf besoek... Groete, Corlene (corlened@african-life.co.za)


Thursday, 04 October 2007
09:12:53

Nou gou deur julle webblad gekuier - dit is baie spesiaal en julle is baie Geseend! Beyers.

Baie dankie vir die positiewe opmerking Beyers.  Hoop jy het reggekom met jou 101 Doellynverhale.  Groete, Neels en Hanlie


Thursday, 04 October 2007
08:50:45

Ek krap rond op Google op soek na 'n DVD of video van die destydse 101 Doellynverhale en die Nieu Zeeland Kavalier Toer en kom toe op julle gaste boek af. Groete uit Nigerie. Beyers (jaenbeyers@webmail.co.za)


Thursday, 20 September 2007
22:38:03

Hallo Neels & Hanlie. Pragtige webblad wat julle hier het. Ek het dit baie geniet. Ek het kom loer na ek jou e.pos op SA-Gen gesien het. Groete. David vd Merwe, Montagu. vdmerwe.david@gmail.com

Dankie vir die inskrywing David.  Bly jy het dit geniet.  Neels en Hanlie


Friday, 07 September 2007
08:59:20

Hallo Buurman en Buurvrou Sjoe, maar julle is bitterlik oulik!!! Die foto album het my teruggevat na lank gelede toe ons bure was in die middestad van Bloemfontein!! Ek my ou twee aanneem kindertjies, Mari en Lohan, wat die pragtigste baba's was. Veral Mari was mos my ou woonsteldogtertjie!! Ek geniet die rugbyfoto's baie - dit was darem lekker tye gewees!! Veral die wen van die Stadsbeker deur Oud-Greys en die feesvieringe daarna!! Baie geluk met die pragtige webblad - ek sal meer male hier kom kuier om op hoogte te bly van die Borstlappe van Somerset-Wes. Liefdegroete Buurvrou Gerda

Hallo liewe Buurvrou, dankie dat jy kom inloer het!  Die Cheetah-bloed vloei dik jong.  Dankie vir  jou pragtige boodskappie hier op ons blad.  Jy is 'n dierbare vriendin.  Liefde  Neels en Hanlie


Wednesday, 29 August 2007
00:38:19

Hallo daar almal in die Borstlap familie, Alles gaan goed hier in America, my baba Bradley James Johnson is nou amper 2 maande out, het my so bietjie verras op die 1st Julie 10 weke te vroeg. Hy is uiteindelik van sy suurstof af, en is tog te oulik. Hoop alles gaan goed daar. Liefde Groete Lanie

Hallo liewe Lanie, julle babatjie is tog te pragtig.  Ek het op jou webblad gaan kyk.  Baie geluk ook met die mooie dingetjie.  Dankie dat jy op ons webblad geloer het en 'n boodskappie geskryf het.  Kyk mooi na jouself.  Liefde, Tannie Hanlie


Wednesday, 22 August 2007
16:49:21

ik ben familie ik wil weten wie julie zijn alstjeblieft lees dit dit is belangrijk voor mij en als je me niet gelooft ?!?!?! ik wil weten of Borstlap een mooie geschiedenis heeft ik vond een site over michel Borstlap zijn julie even benieuwd als ik? en wil je me een gunst doen? leer beter typen. Roos

Goeiedag Roos.  Ons Borstlap-familie is tans in Suid-Afrika woonagtig en dus praat ons Afrikaans.  Die Nederlands lyk so bietjie bekend.  Ongelukkig verstaan ons nie alles wat jy vra nie.  Ons weet wel van Michiel Borstlap - hy is 'n bekende jazz-klavierspeler en sing ook as ek dit reg het.  Wat bedoel jy met leer beter typen.  Ek verstaan dit nie so goed nie.  En ook zijn julie even beniewd als is?  Kan jy dit vir ons probeer verduidelik.  Nogtans, dankie dat jy op ons webblad 'n inskrywing gemaak het.  Vriendelike Borstlap-groete, Neels en Hanlie


Wednesday, 22 August 2007
16:43:45

ik ben Roos alstjeblieft Leer bete type


Monday, 13 August 2007
14:49:25

O ja, Oom Neels, ek't vergeet om my epos adres by my boodskap te sit: grobbelaarhj@hotmail.com Groetnis, Hendrik

Dankie Hendrik ek stuur vir jou 'n e-pos.


Monday, 13 August 2007
14:46:37

Hallo Neels, Dit was so lekker om op jou webblad af te kom!! Jy sal nie onthou nie, maar ons het ontmoet by die Grobbelaarfees in Magogong, ek dink dit was in die vroeë negentigs! Ek was so kannetjie van 10/11 jaar oud! O ja, ek is Hendrik Grobbelaar, seun van Nico en Marthie Grobbelaar (uit Oupa Nakkie se geledere!). Ek woon en werk al die afgelope vyf jaar in London, UK. Ek't hier my meisie ontmoet, 'n nooi Grobler, en soos jy net kan dink, is dit altyd 'n gestry of dit nou Grobler of Grobbelaar is!! Jou inleidingsparagraaf het sommer baie gehelp!! Nou ja, kan nie glo ek't familie so op die internet opgespoor nie, en jy't boonop 'n fototjie van Oupa Nakkie ook op!! Groete liefde, Hendrik

Ag dit is wonderlik om 'n Grobbelaar se terugvoer te kry.  Hendrik laat weet my hoe jy hier uitgekom het.


Thursday, 09 August 2007
19:38:42

hallo fam borstlap hier is ook een fam ik heet phillip borstlap geboren op 07-05-1964 te dordrecht holland sjap99@tiscali.nl

Phillip dankie vir jou inskrywing en ek is besig om die Borstlap familie daar in Nederland na te vors.


Monday, 06 August 2007
18:22:05

Hallo Neels en Familie, My naam is Hermanus Marthinus Borstlap (Herman), gebore te Bloemfontein op 29/12/1957. My ouers se name is Gerhardus Petrus Borstlap, gebore 19/2/1934 te Bloemfontein en Johanna Aletta Venter, gebore 19/2/1929 te Boshoff (Vrystaat). My oupa aan my pa se kant was Hermanus Marthinus Borstlap. (Ek sal nog uitvind waar en wanneer hy gebore was.) Ek was getroud met Catharina Margaretha du Plessis (Carina). Ek het 2 kinders, Rudi Borstlap gebore op 21/8/1984 en Ananda Borstlap gebore op 14/4/1987. Ek is geskei van Carina (nie presies seker hoe lank al nie). Ek is nie weer getroud nie en bly huidiglik in Pretoria (Elarduspark). My selfoon nommer is 072 769 0902. My e-pos adres is hermanborstlap@yahoo.co.uk. Beste groete, Herman.

Herman baie dankie vir jou inskrywing, ek sal jou op jou e-pos kontak en hoor hoe dit gaan. Gaan kyk gerus by http://www.borstlap.co.za/GENEALOGIE/borstlap/d1.htm vir die inligting aangaande jou familie. - Bye for now!


Sunday, 05 August 2007
19:23:39

Hartlike Borstlap-groete! Laat ek begin deur julle geluk te wens met so 'n fantastiese webblad! Ek dreig nou al lank om iets in die gasteboek te skryf. My naam is Rehuel Borstlap (CWRZ), seun van Leon. Ek sien julle het al kontak met my pa gemaak. Dit was ook BAIE interessant om my standerd-5 taak op julle "site" te lees! Ek sien my pa het my "vital statistics" al deurgegee, maar ek kan dalk net byvoeg dat ek en my pa ook jul passie vir fotografie deel. Ek is 'n ernstige amateur en as my spoedrooster dit toelaat 'n troue hier en daar. Weereens geluk met die "site" en julle is 'n pragtige gesin. Groete Rehuel ( rehuelborstlap@yahoo.com )

Reheul - ek sou dink dit was vir jou 'n verrassing want jy het seker al daarvan vergeet. Lekker om van jou te hoor maar wil jy nie vir my kyk of jou data op die webblad reg is nie en indien daar iets kort of nie reg is nie stuur dit tog vir my asb.  Groete Neels


Monday, 30 July 2007
20:29:45

Hello johanei! Se vir jou suster die geheime van lapland was BAIE goed!!! stuur groete vir almal! groete:Nadia*

Dankie Nadia Mmmwwaaa !


Friday, 13 July 2007
09:03:40

Good day. We at Harvey World Travel Bedfordview would like to know if you have someone to look after your traveling arrangements? We would like to present to you a presentation on the services that we render. For any further information please contact Christoff Koekemoer at 011 454 5883 or bedfordview1@harveyworld.co.za Kind regards Christoff Koekemoer Cell: 0725423825 Fax: 086 601 7168

Dankie maar nee dankie julle ons reël altyd ons eie reise maar sal julle onthou as ons iets nodig kry.


Wednesday, 11 July 2007
12:31:06

Hallo daar Hoe kan ek dringend met Dirk Borstlap kontak maak? Groete HO HO by 0836458958 of dewaalho.sci@ufs.ac.za

HO, Dirk is aan my bekend maar ek kan nie vir jou sy besonderhede verskaf nie - ek sal vir Dirk 'n boodskap stuur wat sê dat jy hom soek en hy kan jou dan self kontak.  Ek is jammer om dit so te doen maar die inligting van mense wat ek het, is vertroulik - Hoop julle kry mekaar spoedig - Groete Neels


Tuesday, 26 June 2007
12:54:06

hallo julle. dis 'n baie oulike ''site'' ek was ook hier :) ek is absoluut mal oor fotografie, is nog in die heel begin staduim, maar leer elke dag baie. julle fotos is baie mooi!! groete marisa vanwyk_marisa@yahoo.com

Marisa ek kan sommer met die lees van jou inskrywing jou opgewondeheid oor die neem van foto's aanvoel.  Dit is vir ons net so lekker.  Dankie vir jou komplimente vir die "site".  Ons webblad gee vir ons die geleentheid om ons foto's en gedagtes met ander te deel.  Wat dink jy daarvan as jy vir ons van jou foto's stuur waarvan jy die meeste hou, dan maak ons vir jou 'n Marisa plekkie op die blad en plaas dit daar. Liefde en groete vir jou Neels en Hanlie


Thursday, 21 June 2007
08:23:40

Hallo Daar Oom Neels, Tannie Hannelie, My ma het my nou al baie van die webtuiste vertel en ek het nou vanoggend gou kekyk waaroor dit gaan, en ek moet herken ek was stom geslaan, dit is nou regtig iets besonders en uniek om in die besige tye waarin ons almal leef bietjie te sien hoe dit met almal gaan, baie nice ek gaan gereeld inlogg om almal se doen en late dop te hou, absoluut wonderlik, baie liefde en groete daar in die Kaap vir almal Chris Roodt, ALIAS Naas, hier uit 'n verskriklike winderige Port Elizabeth.

Naas ons is bly jy het die nuus oor die familie en vriende geniet.  Jy moet bietjie van jou doen en late vir ons laat weet sodat ons dit ook hier kan plaas.  Ek verneem jy is nou in die Baai en jy moet laat weet wat jy daar doen, waar jy bly en werk ens.  Loer gerus elke week in om die jongste nuus van die familie en vriende onder die LASLAPPIES  gedeelte te lees.


Tuesday, 12 June 2007
08:06:41

Man dit was sommer lekker om so julle gesin te ontmoet. Neels ek self het 'n passie vir fotografie en het hierdie jaar die eerste keer kans gekry om die super 14 te gaan afneem. As ek jou belangstellings en rugby agtergrond sien het ek so 'n idee dat ons sommer lekker sal saam kuier. Ek hoop julle gesin beleef die Here se seen op 'n besondere wyse hierdie jaar. Groete Paul Barnard paul@nghelder.co.za

Paul dankie vir die seën wense en so ook jou besoek an ons blad.  Met ons foto's probeer ons die srotie van onsself te vertel eerder as met 'n klmp woorde. Dit maak die neem daarvan baie lekker . Rugby, nou ja, ons vrek daaroor en maak gewoonlik 'n fees voor die tv van groot wedstryde.


Saturday, 09 June 2007
12:30:45

Hallo julle almal Gaan dit goed? Hier by ons is nie klagtes nie. Net vrek koud. Reën dit by julle ook so baie soos wat dit op die TV sê? Ek is by die werk om gou 'n kliënt te sien - wat laat is. Gelukkig gee y laatkom my kans om gou te hoor hoe dit met julle gaan? Liefde vir almal Nadya

Nadya - hier in die Kaap reën dit werklik so baie die winter.  Ons is nou tien jaar hier en dit is die eerste keer dat dit so baie reën en sneeu ook - ander jare net so een keer per winter maar dit het nou al twee keer die jaar gesneeu.  Dankie vir jou besoek en julle moet maar lekker warm aantrek daar in die binneland.  Liefde groete Neels en Hanlie.


Wednesday, 30 May 2007
20:40:28

Hi Neels, Ek het so bietjie in die stamboom gaan kyk. Ek sien dat my naam verkeerd gespel is. My name is Frederick George Meiring. Groete Frederick Meiring.

Frederick - lekker om te sien jy het so bietjie na die stamboom inligting gekyk.  Jammer oor die verkeerde spelling maar dit was nie my  bedoeling nie  maar net oorhaastigheid en omdat ek nie 'n bron gehad het nie.  Ek sal vir jou 'n epos stuur dan stuur jy vir my al julle stamboom inligting. - Neels

 


Tuesday, 29 May 2007
15:54:44

Hi, dit is Nico, sit hier in die spreekkamer en toets my computer vaardighede. Ek en Fanie is glad nie geletterd in die "bedryf" nie. Nooit te oud om te leer nie. Het Neels se "verleentheid" terdee geniet. Fanie het darem Saterdag n gemsbok geskiet vir so n bietjie biltong saam met die vuurwarm voggies en rugby. Liefde en Groete vir almal daar.

Hi daar Nico, dankie vir die inskrywing.  Enigste manier hoe mens leer is om elke dag bietjie te sit en speel op die rekenaar.  Hoe lus maak jy my nou vir 'n lekker stukkie biltong.  Groete vir jou mense ook.  Liefde, Hanlie


Thursday, 24 May 2007
12:55:21

Hallo Hanlie Jy sal my nie ken nie, maar Nicolene het gese ek moet tot 'n foto van Fanie se "Pampoen" druk net om dit vir Marilie te gee. Ek is Hentia Nicolene se suster in Gauteng - so ek steel 'n foto van Anjelle Groete Henita

Hallo Hentia.  Ek weet presies wie jy is.  Ek was mos darem op Nicolene se troue en julle het 'n paar keer in die Skema kom kuier terwyl ek nog 'n ongetroude dame was.  Ek is bly as jy die foto van pragtige klein Anjelle kon gebruik.  Ek kan dit vir  jou mail ook as jy dalk 'n beter kwaliteit foto soek.  Groete aan jou Ma en ander sussies.  Hanlie


Wednesday, 16 May 2007
05:18:21

Hi Hanlie, wat 'n verrassing! Ek het na jul foto's gekyk en sommer baie na almal verlang - daar is so baie bekendes! Ons bly nou vir so 9 maande in New Zealand. As jy vir my wil e-pos en nuus vertel dit is h.wagner@xtra.co.nz. Groete Retha Wagner (Swiegers) Jul website is puik!

Kan jy nou meer!   Retha!  Ek is SO BLY om van jou te hoor.  Dit is nou regtig so special.  Dankie vir jou inskrywing.  Ek gaan beslis met jou per e-pos kommunikeer.  Sterkte in New Zeeland. Dankie vir die kompliment,  Groete  Hanlie


Tuesday, 15 May 2007
17:39:17

Hi Hanli, ek het al so baie van julle gehoor en het julle 1x ontmoet ook, Annetjie is my beste vriendin en ek sit so ver van haar af, ek en Martin, Lindy, en Rene het 5 mnde gelede na WA Esperance toe verhuis, ek sit al van 3u WA tyd en lees, ek het dit baie geniet. Sal graag laslappie wil kry, Groete Anneleen Viviers ann.mart@bigpond.com

Hallo Anneleen, ek het nou my uiterste bes probeer om te onthou maar ek is jammer ek kannie onthou hoe jy lyk nie.  Ek weet wel dat Annetjie al baie van jou gepraat het.  Is Martin, Willa se broer?  Dan kan ek hom onthou.  Ek is bly jy het ons Laslappies gelees. Ek sal jou enige tyd by die adreslys byvoeg.  Lekker lees hoor en sterkte daar in die vreemde.  Groete, Hanlie


Saturday, 21 April 2007
13:42:38

Hallo Hanlie Kan jy nou meer, hier speel ek bietjie op die net en wat kry ek, my familie en sommer nog baie bekendes wat lekker gesels, selfs my sus christa. Hoop dit gaan goed daar, ek en Madeleine vertrek so oor n maand New Zealand toe, gaan bietjie die vreemde verken. Groete daar vir almal Humphrey du Plessis hduo@vharts.co.za

Hallo Humphrey, dit was nou regtig 'n groot lekker om jou inskrywing te lees.  Die webblad bring omtrent mense van oor die hele wêreld weer met ons in verbinding.  Sterkte vir jou en Madeleine in New Zeeland.  Hoop dit gaan goed met julle. Bly gerus in kontak en stuur julle nuwe e-pos-adres vir ons dan kan ons in verbinding bly. Liefdegroete, Hanlie


Tuesday, 17 April 2007
09:39:06

Hi. Nee, ek dink nie jy weet iets wat jy nie weet nie, maar mens kan maar bly hoop, of hoe. Liefde vir almal. Nadya


Monday, 16 April 2007
20:23:55

Hallo Hanlie Dit was lekker om ou en nuwe gesigte te sien. Hoe gaan dit met oom Kraai en tannie Marie. Kontak ons asb as hulle weer hier is. Ons sal hulle graag wil sien. Groete Ronel & Chanique ronel.visagie@za.pwc.com

Hi Ronel, ek kon nie onthou nie, maar het my ma-hulle gebel en nou weet ek presies wie jy is.  Dit gaan goed met hulle.  Herman bly mos in Bloemfontein en hy sorg so goed vir hulle.  Groete en dankie vir die inskrywing.  Hanlie


Wednesday, 04 April 2007
16:52:53

Hallo Neels, Hanlie en al die kinders Ek probeer wanneer ek so af kansie het, gou loer waarmee julle besig is. Dis altyd 'n belewenis, en werklik 'n seën om in julle midde te wees. Baie dankie vir al die effort wat daarin gaan - wens ek het tyd gehad om so iets aan te pak. Dit gaan baie goed met almal - dis mos skoolvakansie! JL werk baie hard, maar kla darem nie te veel nie. Dis nie eintlik sy lyn nie, maar is 'n werk, en ons bly dankbaar. Veral omdat hy weer terug is by die huis! Laurence is vreeslik baie op die pad, maar is op die kortlys vir bevordering - Direkteur nogal. Hou maar styf duim vas - dan sal hy minder ry. Hy ry nogal ver - Spingbok, Port Nolloth, Calvinia, ens. Sommer gou-gou Springbok toe en terug vir 'n vergadering!!! Baie liefde en groete vir almal. Ons sien vreeslik uit na julle kuiertjie. Baie liefde Nadya

Hallo Nadya, dankie vir die inskrywing en die nuus!  Ons verlang so na julle en JL. Sterkte vir Laurence!  Ons dink aan en bid vir hom. Kuiertjie?  Weet jy iets wat ek nie weet nie?  Baie liefde, Hanlie


Monday, 26 March 2007
21:25:18

Hi Tannie Hanlie Dit is so interissant die oe en smiles. Maar nou moet julle volgende keer die antwoorde ook insit asseblief. Ek kon heelwat herken, maar sal daarvan hou om te sien of ek reg was. Hier gaan dit goed, bly maar aan die gang. Baie Groete en Liefde Marlene Email adress:marlene_verwey@yahoo.com

Hi Marlene, Dankie vir jou inskrywing.  Ja nee kyk, ek het die oë en monde net so geniet.  Het vir 'n hele dag lank gesit en soek en speel daarmee.  Ons het die antwoorde in LASLAPPIE nr 21 gesit.  So as jy dit in die hande kan kry sal jy dit daarin kry.  Lekker kyk.  Liefdegroete, Tannie Hanlie


Monday, 19 March 2007
03:16:02

Groete uit New South Wales, Australia. Dit was 'n naweek van gemenge gevoelens. Die Bulle het verloor teen die Cruisaders, 'n wonderwerk - die Stormers het die Waratahs met 'n weg-wedstryd geklop (ons bly in Waratah country) en Gibs & Boucher het geskiedenis gemaak. Volgende naweek speel Suid Afrika teen Australia in die krieket wereld beker - Moeilik om kante te kies - my hart en my kop is in konflik. So, Neels, ek stir nou, want ek vermoed wat jy gaan antwoord, maar ek wonder net wat dink jy is ons Bokke en afrigter White se kans hierdie jaar? Stil swye sal ook 'n antwoord wees.

Petrus Botes - vir my is dit nie moeilik om kan te kies nie, ek kies altyd die Proteas se kant, wen of verloor, en sal nie eers in my drome die aussies kies nie -  as dit nou gaan oor die wen of die verloor kies, kies ek weer vir die Proteas.  Vir Jake White en sy slim stories die afgelope twee jaar het ek nie veel tyd nie - so sy kanse is 10%, MAAR die spelers in Suid Afrika oor die algemeen lyk hierdie jaar net daai ietsie skerper en ek dink hulle gaan ver kom met of sonder White. Nag ou Grote - ver al teen die Aussies.  (Vul asb. jou detial in die genealogie vorm in)


Saturday, 03 March 2007
20:30:03

Hallo aan julle, Ek is Willie von Benecke my vrou se naam is Magda ek sit in Witrevier, Mpumalanga Provinsie of die ou oos Transvaal Laeveld 20 Kilos van Nelspruit. Dit is sweet warem maar dit koel altyd af in die nanag. Die natuur skoon is wonderlik en ons het geweldig baie besiens waardighede sommer so naby. Onderandere die Kruger Wildtuin Is so 120 kilos van ons af. Die foto van die komeet is pragtig. Die uitsig vanaf julle huis is baie mooi, en ek wonder sommer of julle mooi sons ondergange sien, ek is mal oor fotos van die wolke en die son en die maan iets wat my so terloops oorval het en ek neem deesdae meer fotos daarvan as van mense. Groete en sterkte met die stamboom dis nogal nie altyd maklik nie.

Hallo Willie en Magda,  baie dankie vir inskrywing daar uit die mooie Witrivier.  Ons neem die asemrowendste fotos van die sonsondergange hier vanaf ons balkon.  Neels het selfs ook al 'n paar pragtige foto's van die maan geneem.  Jy moet jou e-pos adres vir hom gee sodat hy vir jou 'n paar van sy foto's kan e-pos.  Fotografie is 'n ongelooflike stokperdjie.  Ek (dis nou Hanlie) hou daarvan om wolke af te neem.  Daar is vir my min goed so mooi soos massiewe Cumulus wolke nie.   Hoop om weer van julle te hoor.  Groete Hanlie


Saturday, 03 March 2007
00:07:45

Dag Johanei, Ik heb jullie website beken, maar denk niet dat wij familie zijn. Tenminste ik weet van geen familie in Zuid-Afrika. Wat ik wel weet dat er in Nederland 2 takken familie Borstlap bestaan. Een taak uit ’s-Gravenmoer en een uit Brielle. Mijn opa kwam uit ’s-Gravenmoer. Trouwens leuke website, veel succes met het uitpluizen van jullie stamboom. Mvg, Stineke Borstlap uit Nederland.

Goeiedag Stineke,  dankie vir die inskrywing.  Die inligting is baie belangrik want nou weet ek ten minste waar om te begin soek vir ons stamvader se oorsprong.  In Gravenmoer of in Brielle.  Dalk is ons nog familie, mens weet nooit.  Kom loer maar gerus meer gereeld in op ons blad sodat jy die stamboom kan volg.  Miskien kan jy vir ons kom kuier in Suid Afrika, mens weet nooit.  Groete  Neels


Friday, 02 March 2007
19:07:54

HELLO JOHANEI!!!!! EK WIL NET SE DANKIE DAT JY BY KOM SPEEL HET DIT WAS BAIE LEKKER!!!!! VERAL IN DIE BOOMHUIS!!!! MY MA SE BAIE BAIE JAMMER DAT JOU MA SO LANK MOES WAG BY ONS DEUR MAAR ONS KLOKKIE IS STUKKEND DIT WERK NIE EN MY MA WAS IN HAAR KAMER. BAIE DANKIE TANNIE HANLIE VIR DAARDIE MOOI DAGBOEK!!!!!!!!!!!!!!!!!!! GROETE NADIA

Hallo Nadia, dit was vir my verskriklik lekker om by jou te kuier.  My ma sê sy het gladnie lank gewag nie.  Sy was skaars 3 minute daar toe maak jy die deur oop.  Sy sê die dagboek is met baie liefde omdat jy so 'n oulike dogtertjie is!  Sien jou more by die skool.  Johanei


Friday, 02 March 2007
13:54:08

ek hoop daai core-drilling gaan OK Oom...draa maar net n hard-hat!!asb benno

Shucks ou Benno, ek het maar gesukkel met die eerste gat hoor!   My skouers my maat, my skouers. Baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het om vir my uit te vind of ek dit kan doen.  Hard-hat?  Wat is dit?  Ha ha!  Jy moet kom kuier.  Groete en sterkte met die swottings.  Oom Neels


Friday, 02 March 2007
07:22:49

Baie Baie Baie inpressif ek was so lank laas op die web en toe ek nou op gaan toe kry ek skoon die rilings ek is so trots op my ouers wat so baie tyd van die dag aan dit spandeer . dit is wonderlikom dit weer te sien want dit bly so mooi en soms raak dit net mooier en mooier Liefde Johanei

Dankie liewe Neitjie.  Ons is lief vir jou!  Pappa en Mamma


Monday, 26 February 2007
20:00:36

Ek is nou op my eie opgekoppel en hoef nie meer te wag vir Francois om klaar te maak nie!!! Dit was lekker om gisteraand met Neels te gesels oor die Borstlappies en die inligting wat ek gekry het te kon deel. Heng dit maak mens darem opgewonde - toe Neels se hy kry nie vir ouma Fantine nie het ek my flou geskrik - ek meen ek het nie uit die lug geval nie - het dadelik begin soek van die deBeer kant af en sowaar!!!! Sterkte vir julle gesin en nogmaal dankie vir die heerlike vervoer Desember - onthou Hanlie as jy hom wil verkoop.........?? Liefde FANTINE en FRANCOIS LAMBRECHT.

O!! ons het so daarna uit gesien dat julle vir ons hier moet kom kuier op die webblad en nou het julle dit gedoen.  Nou het julle nie meer 'n verskoning nie en moet gereeld hier 'n draai kom maak.  Die navorsing van die Borstlap familie verloop ook baie goed - daar is so baie helpende hande dat inligting soms daagliks ontvang word. Dankie ook vir jule hulp. Ons wense julle seën en voorspoed toe daar in julle groot familie erf. NH&K


 
 
Wednesday, 14 March 2007
 
15:23:52

Hello Johanei!!!! Ek dink ons het n baie cool kaskar naam!!! lekker leer!!!


 
 
Wednesday, 07 March 2007
 
16:18:42

Voorspoed met die toetsreeks Johanei!!!!!!!!!!!! groete Nadia

Dankie Nadia, vir jou ook


 

Friday, 23 February 2007
22:38:08

Hallo!! Dit was lekker om julle te ontmoet!! Wat 'n web bladsy!!! Jammer ons bly in die Oos-Kaap en kan nie persoonlik kom dagse nie!! Voorspoed!! Japie Williams.

Dankie vir die inskrywing Japie.  Jammer jy het nie 'n e-pos adres gegee nie, dan kon ons adresse uitruil vir as ons dalk in die Oos-Kaap 'n draai maak.  Ons is bly as jy ons webblad geniet het.  Dis vir ons net so 'n groot vreugde.  Voorspoed vir jou ook.


Thursday, 22 February 2007
13:36:29

Hallo al die Borstlappe! Dit is 'n pragtige webblad! Ek (Chrizelle vd Merwe, gebore Borstlap) en my boetie (Ignis Borstlap) het gedink ons is nou omtrent alleen op die aarde nadat my pappie (Christo Johannes Borstlap) en my mammie (Ella Magrieta Roussow) en my pragtige man (Thinus van der Merwe) in 'n kort rukkie oorlede is (ja en my oom ook, Willie Borstlap), en sien nou - ons het 'n helse..... familie! Dit is wonderlik en ek het so baie vrae omtrent die Borstlappe! Ek sal vir julle alle inligting stuur wat ek het en gaan ook vir julle foto's stuur! Die "gene pool" is duidelik sigbaar in al die fotos! Vreugde en vrede vir julle almal! Chrizelle van der Merwe Chrizelle.van.der.merwe@goldfields.co.za PS: Ek is net so versot op fotos en neem troufotos in my spaar tyd!

Liewe Chrizelle, baie dankie vir die heerlike inskrywing.  Dis lekker om nuwe familie te ontdek.  Ons wag met groot opgewondenheid vir al die lekker fotos en meer nuus oor julle familie.  Kom kuier groot asseblief as julle in die Kaap kom. 


 
Wednesday, 14 February 2007
 
09:27:16

Neels, Ek is hoogs beindruk met jou webblad! Ek wil liewer nie weet hoeveel man ure in die werkstuk in gegaan het nie! Ek en my vrou, Isabel, bly in Otjiwarongo. Ek werk egter in Windhoek. Ek is 'n finansiële konsultant vir FNB se korporatiewe en besigheid kliënte. Ons het twee seuns, Dirk en Rehuel. Beide het op Grey skool gegaan en op die Bult geswot. Dirk behaal 'n MSc. Dierevoeding en Rehuel is 'n mediese dokter. Ek stuur later die inligting van my deur. Groete Leon Borstlap

Dit was nou baie lekker om jou boodskap te lees en ek hoop om sommer gou jou inligting te ontvang. Leon jy sal nie glo nie maar ek het iets baie kosbaar van jou seun Rehuel opgespoor.  Hy het 'n werkstuk in st.5 gemaak waarin hy sy Borstlap familie so bietjie beskryf.  Dit is deur een van die Borstlap familie lede wat gladnie van jou oupa afstam nie bewaar en sy het 'n afskrif aan my gestuur nadat sy verneem het ek is besig met die navorsing. Ek het die dokumente in 'n Adobe pdf file geplaas en jy kan dit hier gaan lees.  Nou toe laat kom daardie genealogie inligting en stuur tog ook 'n tel. no. en e-pos adres.. 


 
 
Sunday, 11 February 2007
 
10:17:16

JAMMER MY E MAIL ADRES IS RASSIE_VR@YAHOO.COM GROETNES ERASMUS VISSER


 
 
Sunday, 11 February 2007
 
10:15:38

HI DAAR EK IS TANS WERKSAAM IN SAUDI ARABIA EN N GEBORE SUID AFRIKANER SKRYF TOG SO N BIETJIE VIR MY DANKIE ERASMUS VISSER

Ai ou Vissie dit klink vir my asof jou hart vol verlange is daar in die vreemde land.  Hoop jy hou kop bo water en kan jou planne daar deur voer.  Vasbyt man - 'n boer is mos 'n sterk ding!!!!


 
 
Thursday, 08 February 2007
 
10:52:49

Goeiedag, Ek is Gerhard Borstlap(Die 5de Geslag ene...) en ek is ongelooflik bly dat ek op hierdie webtuiste afgekom het-ek stel nog altyd belang in die geskiedenis en wou veral iets soortgelyks doen, maar het nie geweet waar om te begin nie. Ek was in PTA, maar het onlangs na die Strand getrek om te begin vlieg. As 'n deeltydse werk het ek by Exclusive Books begin werk, en het die cliche oorgekom-Almal het vir my gevra of ek 'n ander Borstlap se sussie is wat ook daar gewerk het-Is dit dalk een van julle? Ek sal graag wil help om inligting te verskaf om te help om die webtuiste meer volledig te kan maak. Baie dankie dat julle die webtuiste begin het, dit is ongelooflik lekker om so na mens se voorsate te kan kyk...My e-posadres is gborstlap@gmail.com. Groete, Gerhard

Gerhard dit klink my jy is net so opgewonde oor die familie soos ek.  Die Borstlap wat daar gewerk het is my dogter Mari en jy kan van haar lees op die webblad.  Jy moet asb. vir my help om inligting in te samel want dit vat maar baie tyd.  Gaan lees 'n bietjie die "Laslappie" deel op die webbald en besluit of jy nie wil deel word van die nuusbrief nie. Ons praat weer.


 
 
Sunday, 04 February 2007
 
21:04:45

Liewe Julle Pragtige website, pragtige, spesiale mense met wonderlike harte. Julle is ware juwele van God. Dis 'n voorreg om julle te ken. Groete Fanus, Lidia en Fanie

Ag kyk nou wie praat nou sulke mooi goed.  Ons is so opgewonde vir julle onthalwe wat so lekker reis beplan en die hele Namibia vol gaan ry.  Hoop julle droom lekker daaroor en dat die drome waarheid sal word.


 
 
Tuesday, 30 January 2007
 
23:25:02

Dit is wonderlik om deel te word van jul blad. Ek wil jul hele gesin 'n wonderlike 007 jaar toewens en hoop dat die goeie vermenigvuldig en die slegte verdamp in die liefde wat julle vir mekaar en jul medemens het. Baie groete en liefde! Christa

Baie dankie liewe nig vir die inskrywing. Dankie ook vir die mooi wense.  Ons wens jou en jou gesin ook net die mooiste toe.  Ons MOET regtig hierdie jaar 'n kuier of 10 beplan en DOEN.  Ons sien mekaar heeltemal te min.  Lief vir jou!  Hanlie


Thursday, 25 January 2007
11:27:01

Maretha en Rouxve, ons is opsoek na 101 Doellyntreffers. Kan jul asb met ons in verbinding tree indien jul weet waar ons 'n kopie aan die hande kan kry. Francois Meyer. Sel:0824491081

Ons het ongelukkig geen idee nie.  Sal ons ore op die grond hou en vir julle laat weet as ons iets uitvind.  Sterkte met die soektog.


Thursday, 18 January 2007
18:15:16

Hi there Neels, Hanlie and family, What a wonderful innovation - who is the clever webdesigner??? I have had a lovely trip with the family down memory lane and experienced with you your lovely holidays. Thank you for this - and thank you too for the greetings and card you sent us. We appreciate your friendship and heartily reciprocate the sincere greetings. God speed and continue to enjoy every moment. Carpe Diem Fond love Joe and Kay in WHK

Dear Joe and Kay, thanks so much for the message.  Sjoe al die groot Ingelse woorde.  Julle is sulke dierbare mense.  Dis vir ons 'n groot eer dat julle na ons webblad gekyk het en 'n inskrywing gemaak het.  Ons moet 'n koffie of teetjie drink as julle in die Kaap kom.  Bel ons asseblief.  Die Here se seën julle toegebid.


Thursday, 18 January 2007
13:55:49

Hallo Ek het nog altyd gedink die Borstlappe is 'n besondere spesie! En so word my vermoede toe bevestig met die Laslappie-idee. Doet so voort! En moet nou nie vergeet dat ek op 21 Jan verjaar nie. Marie mgreylin@cut.ac.za

Dankie Marie vir die inskrywing.  Ons het onthou van jou verjaardag!  Mag dit 'n wonderlike dag wees.  Sal jou bel hoor! Liefde!


Saturday, 13 January 2007
18:54:43

hey mamma en pappa julle word nou al eksperts en ek kry net meer hoender vlys ek is SO SO SO dankbaar vir julle en sal altyd wees dankie vir alles wat julle vir ons doen en gee ek wardeer dit julle liefling meisie Johanei of Nei nei

Baie dankie Liewe Neitjie dat jy so gereeld na die webblad kyk.  Ons is lief vir jou!  Pappa en Mamma x x x


Saturday, 13 January 2007
08:22:20

Liewe Hanlie, Neels Die website is so mooi, ek het alles oor en oor gelees en ja weereens besef ek familie IS alles, niks is meer kosbaar as ons God gegewe families. Liefde Riana Wiid

Dankie liewe Riana vir die inloer op ons blaadjie.  Dis net soos jy sê mens se familie is BAIE BELANGRIK maar so ook ons VRIENDE en ons is so opreg dankbaar vir vriende soos jy en Ben.  Liefde x x x


Wednesday, 10 January 2007
11:41:44

Ek is 'n aangetroude Borstlap en was vanuit die staanspoor baie nuuskierig oor waar die 'oorsprong' was van hierdie familie. Ek is baie bly dat julle die moeite doen om die stamboom na te vors. Wortels en geskiedenis is vir my familie (Vorster) baie belangrik en ek moet erken my kinders veral my seun is trots Gerhardus Petrus Borstlap. Baie sterkte en groete aan al die ander Borstlappe oor Suid-Afrika. En ja, dit is waar - ek word gereeld gevra of ek dié en daai Borstlap ken. Nou sal ek weet waar om te kom soek. Groete, Liza Borstlap (Pretoria)

Liza -  Baie dankie vir jou hulpvaardigheid aan my om inligting te bekom.  Dit het voorwaar sake vir my makliker gemaak.  Jy kan gerus op www.vorster.net/ gaan inloer.  Daar word die Vorster familie volledig uit eengesit en ek is seker jy sal jou self ook daar vind.  Kom maak gerus weer 'n ook draai. Mooi bly daar in Pretoria!


Tuesday, 09 January 2007
20:08:37

Naand Neels en familie. Dankie vir die Skype kontak. Ek het my pa na die webblad toe verwys en hy sal baie geintereseerd wees om met jou te gesels oor die hele Borstlap familie naam en sy oorsprong. Sy suster weet nog meer van die Borstlappe en hy sal vir jou haar kontak details kan gee. Ek het terug geskryf op die skype boodskappe wat jy aan my gestuur het en my pa se e-mail adres is daar op. Alles van die beste met jou navorsing. Deon "bors" Borstlap

Deon - Baie dankie vir jou vinnige reaksie op die Skype kontak.  Ek het sommer dieselfde aand nog met jou Pa ook gepraat.  Besoek gerus die webblad gereeld om te sien hoe die Stamboom navorsing vorder.  Hopelik kan ons gou 'n Borstlap-fees reël.


Tuesday, 09 January 2007
19:57:58

Hello Neels, Hier is nog Borstlappe. My naam is Johannes Lodewicus (Johan) Borstlap, epos jborstlap@xsinet.co.za van Johannesburg. Sal graag van jou wil hoor.

Baie dankie Johan vir die reaksie.  Dankie ook vir die oproep.  Ons het heerlik gesels.  Hou gerus die webblad dop vir die stamboom se vordering.  Kom maak asb. 'n draai by my as jy in die Kaap kom kuier.


Thursday, 04 January 2007
15:21:39

Haai al julle Borstlallieps, Onshier in die Vaalharts onthou net 4 van julle. Dit is tyd dat al 6 hier kom kuier en ons weer ou dae se dinge kan gesels en lekker kuier. Ons het so baie aan julle gedink en vir julle gebid 2004 - 2005 en dit is wonderlik om te hoor en te sien dat dit weer goed gaan met julle almal. Hier te Hartksoon gaan dit ook goed ons en Hartsvallei gemeente is nou een so ons lidmate is ook meer. Dit is nog steeds baie warm in die Vaalharts, maar ons dank God elke dag vir goeie gesondheid en alles wat hy so mildelik voorsien. baie groete vir almal en eendag as ons in die Kaap kom sal ons 'n draai maak. Baie liefde en groete die Gerrits'e. jabet@absamail .co.za 0534560141 as die telefoon kabel nie gesteel is nie.

Groot was die verrassing om julle boodskap te lees.  Wonderlik om te hoor dit gaan goed daar en dat die Here die gemeente seën.  Kom wys julle oë al is dit net vir vyf minute as julle in die Kaap kom. Liefde N&H&K


Wednesday, 03 January 2007
14:22:02

Haai Neels, Hannelie & kinders Ek weet nie eintlik wat om te sê nie, julle webblad is regtig indrukwekkend net soos julle. Dankie dat julle nog altyd dieselfde is. Sterkte en liefde vir 2007, my en Chris se grootouerskap staar ons soos 'n groot onwerklikheid aan, glad nie voorbereid nie. Gelukkig weet ons Ons Hemelse Vader sal ons daardeur ook help. Sommer liefde vir almal wat die boodskappie lees. Chrisjan, Rentia en die Roodtjies.

Rentia jy is een van die wondelikste mense wat ons ken.  Baie dankie vir jou boodskap.  Sterkte vir jou en Chris met die nuwe pad wat voor lê ons sal aan julle dink.  Ek hoop dat jy as Argiefaris ons as Borstlap familie gaan help om ons voorvaders op te spoor en aan te teken.


Friday, 29 December 2006
11:32:34

Haai daar al die Borstlappies, familie en vriende. Die Borstlappe van Evander is terug by die huis, die helfte in elk geval. Die hitte in Ballito het ons hierdie jaar onder gekry. Het nog nooit so warm daar gekry nie. Natuurlik is die verlange na die honde 'n ander rede. Ons het heerlik vakansie gehou, maar dis lekker om terug te wees. Ons wens julle almal 'n voorspoedige nuwe jaar toe. En o ja, baie geluk Heila, ons kort lankal weer 'n baba in die familie. Groete uit Evander. Johannes en Santie.

Ons is baie bly julle is terug van vakansie - ons stem saam dat die beste plek is by jou huis - so bietjie afleiding so af en toe is egter ook lekker.  Dankie vir julle inskrywing en skryf gerus weer ☼


Tuesday, 26 December 2006
18:05:03

Hi Neels, Dit was met 'n gevoel van nostalgie en met hoedervleis wat ek van die foto's gesien het - uit die ou dae - veral die een waarop oupa Pieter en ouma ook is - selfs ek self. Ek dink die idee van 'n webblad is 'n blink een. Miskien moet ons dalk weer die familie bymekaar kry - my skoonseun werk byna elke dag in Secunda en dit is nie so baie ver van ons af nie. Pieter verjaar mos die 1ste Januarie. Kan jy my sy telefoon nommer laat kry? Wil graag met hom praat - sommer die ander neefs se nommers ook. By ons gaan dit goed. Ek en Kobie het nie meer kinders in die huis nie. Ons is dus so bietjie meer los. Met my Pa gaan dit redelik - die ouderdom vang hom net - het darem nog krag vir 'n "meisie" Groete daar by jou huis. Ons praat weer. Frederick en Kobie Meiring Tel 034 315 4034 Cel 083 658 8897 freddie.meiring@mediclinic.co.za

My neef dit is nou baie lekker om jou briefie te lees.  Ek kan sommer sien jy verlang na die familie.  Ek stuur vir jou die nommers.  Ons sal ook sorg dat jy en Kobie die Laslappie kry sodat julle kan sien wat aan gaan.  Laat weet baie groete en liefde vir jou pa - ek dink baie aan hom! - Julle kom mos in die Kaap so een keer in 'n jaar en moet dan vir 'n oomblik oë kom wys. Neels & Hanlie


Monday, 25 December 2006
20:35:13

Hi daar almal, Geseënde Kerstyd, wens ek kan weer n slag daar by julle wees oor die nuwe jaar en lekker saam met julle lag en goeie herrineringe maak. Ek moet sê, met n knop in my keel, ek mis julle almal bitter baie. Ek is so besig by die werk en my baas is so vol nonsens dat ek nie oor die Desember maand sal kan verlof vat nie. Dit maak my sommer baie hartseer. My hart brand om weer vir n slag daar by julle uit te kom. Ek het die wonderlikste meisie ontmoed en ons is bitter gelukkig. Miskien sal julle haar eendag kan ontmoed. Tannie-hulle weet seker dat Nadya-hulle by my sussie-hulle in Bloubergstrand kuier en dat ek nie kon saam gaan nie, want my baas wil my mos nie af gee nie. Ag wel, miskien n ander keer. Goed, eers genoeg gebabbel vir nou. Groete vir almal daaikant en Mari, stuur tog asb vir n slag vir my n sms: 084 695 4847!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Groetnis en baie liefde J-L

Ai ou John-Louis ek kan sien dat jy so graag 'n bietjie wil kom kuier.  Maar dit is nou maar so dat Desember maand is vir mense wat kinders in die skool het om in vakansie te hou.  Jong manne soos jy sal maar agter die "graaf en pik" moet staan in die tyd.  Jy is altyd welkom hier - so as jy weer hier verby kom wag ons vir jou. Dankie vir jou lekker brief.


Wednesday, 20 December 2006
17:29:33

Liewe Oom Neels, Hanlie en Lappies. Ag ek wou sommer in trane uitbars toe ek julle "Wie is ons" blad oopmaak en daar kom oupa Hansie en Ouma Elsie op en toe julle met julle pragtige troufoto's. Van die troue kan ek baie onthou as klein dogtertjie, wat jul strooimeisie was met die mooiste blou rokkie laag op laag. Maar wat my altyd sal bybly is die voorbereiding in die groot saal twee dae voor die tyd en dan natuurlik die maak van die konfettie; derduisende klomp klein gekleurde lintjies wat ons elk self met die hand moesdraai. Ek moet se ek is oor die algemeen maar bietjie emosioneel en vind toe verlede week die werklike rede daarvoor uit. Ek is sewe weke swanger..... Uiteindelik se Oupa Gerrie en Ouma Chrissie. Ons hoop julle het 'n heerlike vakansie en Feestyd. Baie dankie nogmaals vir die wonderlike idee van die Laslappie en baie geluk met julle webblad, dit is heerlik om al julle nuus so lekker te kan lees. Anton kyk net met verwondering en se kan jy glo mens kan so mooi webblad maak. Mooi bly en lief vir julle Liefde Heila, Anton & Nicolaas en halwe van niekerkie

BAIE GELUK!  Dis 'n groot lekkerte om te weet daar gaan weer 'n ou babatjie wees om te bederf.  Nou moet julle maar eers die 4-wheel motorfietse stoor tot die kleinding veilig die wêreld ingebring is.  Julle moet kom kuier!!  Baie dankie vir die inskrywing. x x x


Thursday, 14 December 2006
20:41:10

wel mamma ek raak netmeer en meer opgewonde oor hierdie pragtige web site ek is so baie dankbaar vir ouers soos julle wat altyd omgee en julle doen.Ek will en gaan nog biekie goed doen aan my deel van die website want ek will baie graag julle is julle doen goed wat my asem weg slaan en nogmals daarvoor is ek nog meer lief vir julle en sal altyd bly jule meisie Johanei

Dankie liewe Neitjie dat jy so gereeld na die webblad kyk en ook die inskrywings in die gasteboek doen.  Ons waardeer dit baie.  Jy is 'n liefling-kind.  x x x


Thursday, 14 December 2006
08:12:03

Hi julle almal! Neitjie, skuus ek het vergeet om jou te bel met jou verjaardag! Hoop jy het 'n wonderlike dag gehad en dat die jaar wat voorlê propvol liefde en geluk sal wees. Ons ry die 22ste Kaap toe, en lyk my ons sal julle mis - wanneer ry julle Vaalharts en Bloemfontein toe? En wanneer is julle weer terug in die Kaap? Julle ry darem seker deur Kimberley? Miskien kan ons gou 'n koffietjie drink? Nogmaals dankie vir die wonderlik voorreg om so deel van julle lewe te kan wees. As ons dit nie regkry om mekaar te sien nie, wens ons julle 'n baie geseënde Kersfees toe, ry veilig en sê baie liefde vir Oupa Kraai en Ouma Marie. Baie lief vir julle. Laurence, Nadya & kie.

Dankie vir die gereelde besoeke aan ons webblad Liewe Nadya en gesin.  Ons was net vir 2 dae in Vaalharts en toe na Bloemfontein vir Kersfees.  Jammer ons het mekaar gemis. Ons is lief vir julle.  Julle is dierbare vriende.  x x x


Wednesday, 13 December 2006
14:58:05

Ello al julle skattebolle!!! "Happy Holidays" is nou die nuwe manier om te se Geseende Kersfees en n voorspoedige nuwe jaar vir 2007. Ons (ek en Johan) het amper nie vanoggend werk toe gekom nie! Vroeg vanoggend het Johan gaan fiets ry lekker "Gemoerde koffie" gedrink terwyl ons onder die lapa sit ,dit is een van die wonderlikste oggende in n lang tyd in Oos-Londen. Windstil,sonskyn, en alles is groen vars lug wat meer wil jy he!!!!! Die natuur is te wonderlik alles is mooi want ons kry genoeg reen ek se dit lyk soos "GOD'S WINDOW" dit is mos waar dit vandaankom. Min mense kan dit se, want die lewe is deesdae so n gejaag want, alles jaag om jou en kry nooit rerig stilte om dinge raak te sien, en waardeer, en te besef maar sjoe dis ons meester ons GROOT meester hy het dit vir ons gegee! Ons werk almal hard die wat bevooreg is om nog gesondheid het om te kan werk en ten minste sien jy waarvoor jy werk ,dan begin jy jou seeninge so in jou hart tel en se net een groot DANKIE vir almal wat jy dit mee kan deel ,wat al so lank al deel is van jou lewe en kan terugkyk en die HERINERINGE sjoe hoeveel mense het dit?????? dis so kosbaar want hulle weet nie van so iets nie. Adele het gister verjaar ons het besluit om te gaan eet (wat baie min gebeur) in n mall hier in Oos-Londen. Wat n belewenis die jong kinders kom blykbaar elke dinsdag aand daar bymekaar! Nou se ek vir myself om wat te doen?????? die een se hare lyk slegter as die ander, die een seun het kruisbande aan hulle hang los oor sy broek-julle ons oupas sal die horries kry!!!! die meisies (geen komentaar) dink wat julle wil!!! ons het ons verstom watse herineringe gaan hulle eendag he????? die selfone bly oop word nie toegemaak nie!!!!! ons het gedink dis n groot grap maar my kleindogter het nie so gedink nie sy se ons is bietjie agter die tyd vra ek julle? Dankie onse Meester dat ons in n ander era groot geword het waar die volstruise my in ouhoorn se strate gejaag het ens. ek wil iets met julle deel ek het gister gelag ek moes eintlik my bril afhaal soos ek gelag het! N kolega van my (baie glad met die mond) ons gesels gister op skype sy het n probleem gehad. Ek vra vir haar hoe gaan dit met n dame wat ek daar ontmoet het sy was baie siek, nee se sy "ma" dit gaan goed met haar maar haar man het die emmer geskop! ek se mens se nie so nie! sy se ja in hulle kultuur se hulle so en as iemand te veel drink soos spirits of whatever word sy maag spierwit en sy bene te kort dan kom hy nie naby genoeg om die emmer te skop nie!!!! Ai toggie! Ek wil net graag iets met julle deel wat ons baie na aan die hart le. Ons seun Elwin is gebore met suikersiekte (diabeet) ons se almal in ons familie hy is ons model kind. Hy se dankie HEER dat jy my vir nog n dag gespaar het as hy in die more wakker word vir hom is die lewe eeeeen grooooot uitdaging hy lewe voluit ons dink hy is n voorbeeld vir baie van ons almal (eintlik maak hy ons gedaan) niks is vir hom te veel nie hy sien kans vir enige ding en is ook nie bang om iets aan te pak nie en as hy skrikerig is dan se hy dit soos hy se die "body kort bietjie panelbeating" maar verder gaan hy nog aan. Dankie vir julle almal wat vir Miena in julle gebede opgedra het en dankie om op n "Website" te tik julle dis te wonderlik hopelik sal al 3 kinders by ons wees vir kersfees watter groot geskenk kan n mens he ne dis n vooreg sou ek se "Almal wat deel is van die kletshoekie" LIEFDE en ry versigtig moenie met n spoerse moed ry nie jy mag dalk sonder n kar sit of in n baie slegte kamertjie slaap!!!!! As jy al ooit iets goed gedoen het Hanlie en Neelsie dan is dit hierdie projek van julle ons dink dis "COOL" en nogmaals "COOL" en mag dit net "GOETER" word he he Bye for Now "UNTIL DEATH DO US PART" LOVIES!!!!! Johan en Marion Mussmann

Sjoe maar die Auntie kan vir jou skryf as sy die dag lus het.  Dankie Tannie Maya.  Dis hoe ons jou mos ken.  Jy doen 'n ding ORDENTLIK!  Groete en Liefde vir al jou mense! Julle is spesiale, dierbare vriende. x x x


Tuesday, 12 December 2006
07:17:50

Liewe Bokka, ek wil ook in ons gasteboekie skryf. BAIE, baie dankie dat jy soveel ure in hierdie webblad ingesit het en steeds doen. Dis so lekker om dit saam met jou te kan doen. Dis nog lekkerder as ek en jy in die oggende na die rekenaar storm en ons vriende en familie het vir ons ietsie geskryf daar. Lief vir jou Hanlie


Saturday, 09 December 2006
09:04:49

Kan Mari nie 'n stuk skryf wat gepas is vir laerskoolakteurs nie? Weet sy nie van mense in hierdie omgewing wat kan help met Summies se drama-afrigting nie?Ons moet solank planne maak vir 2007! Maretha

Maretha, Mari het heelwat later hierdie inskrywing eers gesien en was BOOS omdat ons nie erns met haar skryfkuns en drama-beroep doen nie.  Kontak haar asseblief oor die skryf van 'n stuk en veral die hulp met die drama van die skool.  Sy sal dit graag doen en baie geniet.  Haar kontakbesonderhede sal ek per sms vir jou stuur.  Sien jou by die skool.


Friday, 08 December 2006
23:00:10

Dis 'n wonderlike voorreg om so diep in die harte van jul gesin in te kyk - dit verg ook baie moed om almal so bloot te stel, maar WELL DONE! Dis pragtig! Dankie vir wat julle al vir ons gesin en veral vir Naomi beteken het. Johanei is voorwaar 'n vriendin duisend. Mag die Here julle seen met sommer nog baie liefde en omgee. Die Hattinghs

Dankie vir die mooi inskrywing.  Julle is vir ons baie na aan die hart.  Naomi en Johanei se vriendskap is so vas en seker, soos dit ook hoort by kinders van Jesus.  Sterkte vir 2007!


Friday, 08 December 2006
22:09:03

Hi daar! Ek wil nou nie soos almal sê dis 'n great idee nie maar ek moet maar. Dis vat nogal baie om vir almal jou lewens verhaal te vertel maar dit gee mens 'n goeie idee van iemand. Dankie Neitjie vir jou vriendskap met Kate, sy waardeer dit!! Verder wil ek net vir die familie sê hou so aan en Hanlie ek sien uit na nog nuus. Baie Liefde Elke

Dankie vir die inskrywing Elke.  Dankie vir Katherine.  Sy is 'n dierbare dogtertjie.  Ons moet mekaar beter leer ken in 2007!


Thursday, 07 December 2006
19:51:54

dis "great" om so 'n familie te kan ken Lochie

Dankie dat ons jou kan ken.  Jou insette is van onskatbare waarde!!!  Sterkte vir 2007!


Thursday, 07 December 2006
14:36:03

Liewe Borstlappies! Het nou sommer sjnotters en trane gehuil! Dit was voorwaar 'n voorreg om so 'n sneak preview te kon he in 'n stunning familie! Die foto's vertel 'n duisend stories! Veral die dramafoto's! My hart verlang met so 'n lang punt na die goeie, ou dramadae! Gee 'n vet soen en druk vir al jou pragtige kinders. Ek mis julle baie! Liefde Lani

Liefste, liefste Lani.  Ons MIS MIS MIS JOU!!!!  Jou vriendelike spontane lag.  Daai blink ogies.  Die verdomde Arabiere moet jou net waardeer.  Moet jy net die worry nie suster.  Ons gaan 'n drama-klub hier bou wat skrik vir niks sodat jy as jy oor 2 jaar terugkom net kan instap en voortbou!.  Kyk mooi na jouself.  Ons is LIEF VIR JOU!!!


Thursday, 07 December 2006
10:26:47

Hi daar borstlappies! Dit is nou n baie cool idee die, ek dink dit is baie nice. Tannie moet my asb bietjie meer vertel hoe ek vir myself ook een kan skep, dit lyk of dit vet pret kan wees. Ek het nog nie deer alles geblaai nie, maar ek glo dit sal stunning wees. Ag ek mis tannie-hulle sommer nou baie ek kry skoon n knop in my keel. Ek sien baie uit daarna om te sien wat tannie-hulle als nog gaan aanvang met die web blad, dit kan net belowend wees. Dit mag dalk lyk of ek niks het om te doen nie, maar ek sit by die werk en moet nou ongelukkig eers weer groet. As ek nie weer tyd kry voor daai tyd nie, baie geseende kersfees, mag dit een van die mooistes ooit wees. Baie liefde, mis julle almal J-L

Dankie Liewe John-Louis vir jou inskrywing.  Hoe om 'n webblad te maak my liewe kind moet jy maar by Oom Neels uitvind.  Dis baie, baie, baie lang ure se harde werk en deursettingsvermoë.  Kom loer asseblief gereeld in.  ONS IS BAIE LIEF VIR JOU en verlang BAIE!!!!


Thursday, 07 December 2006
09:07:19

Dit is nou sowaar 'n regte Borstlap poging. Niks is oorgesien nie. Die Webers was nou gou vir 'n paar dae in London, maar vakansie op die kamp manier bly tog maar die beste. Geluk met julle web, dit is goeie werk. Praat weer. Ron en Tonja

Dankie Liewe Webertjies. LONDON!!!!  Wow!  Neels willie meer so ver vlieg nie.  Hy ry eerder 4000km in Namibië oor 17 dae met 'n gehuurde bakkie!!!  Ons is bly julle hou van ons blad.  Loer weer in sodat julle al die nuus kan sien.  Liefde


Wednesday, 06 December 2006
22:27:49

Die Rossouws van Omaruru se hallo aan die Borstlappe !!!

Liewe Jaco, Ina-Marie en Seuns, ons is so bly julle het ons webblad gesien.  Kom kuier weer hier.  Pos vir ons 'n foto-tjie of twee en gesels bietjie langer man.  Ons verlang baie. Die Here se seën vir julle in oorvloed toegebid.  Julle is baie spesiale vriende.  Liefde in Christus.


Wednesday, 06 December 2006
22:03:43

Ek en Rouxve het heerlik in julle "boekie" rondgeblaai en dit baie geniet. Die manne kyk nou 'n ou video, "101 doellynverhale" (rugbyhoogtepunte uit die verlede), en sal later julle website bestudeer. Die foto's van die kinders toe hulle klein was en die Neels & Hanlie in hulle jongdae is baie interessant...julle is voorwaar 'n inspiring familie! Geniet die vakansie! Maretha + Rouxve

Dankie julle twee dames dat julle ons webblad deurgeblaai het.  Ons moet in 2007 beslis 'n bietjie kuier.  Geniet julle vakansie ook!


Wednesday, 06 December 2006
21:29:51

Hallo! Altyd lekker om Borstlap-nuus te lees. Ons verlang vreeslik en sal aan julle dink terwyl julle die sonskyn geniet. Ons sal in Skotland sneeumanne bou... Baie liefde Elna & kie

Dankie vir die inskrywing liewe vriende.  Ons MIS JULLE!!!  Liefde x x x


Wednesday, 06 December 2006
21:13:56

Hi! Dis pragtig. Ek is lekker jaloers. Julle is SO 'n mooi gesin - pas mekaar op, want hulle is kosbaarder as perels! Liefde die Wrights

Moenie jaloers wees nie.  Julle is net so 'n mooi gesin.  Dankie dat ons julle kan ken.  Liefde


Wednesday, 06 December 2006
21:09:53

Neels, Hanlie en al die Lappies Wat 'n verrassing!!!!! Dis wonderlik - wens ke het tyd gehad vir so iets. Julle was nog altyd net 'n goeie voorbeeld om na te volg. (En nou gaan ek grens...) Baie lief vir julle en baie dankie Wanneer ek my emosies onder beheer het, sal ek 'n langer brief skryf - glo my, ek gaan ten minste een maal per week kyk waarmee julle besig is. Nadya nadya@telkomsa.net

Jy is so 'n dierbare mens liewe Nadya.  Dankie dat jy ons vriendin is.  Kom kuier asb. gereeld by ons webblad.


Tuesday, 05 December 2006
00:18:01

Great pictures, but I don't understand the writing. Take care and thanks once again for letting us stay at your home. Steven Rodriquez

Ask Renche to translate for you.  It was so nice to meet you.  Please come again soon.  Take care! 


Monday, 04 December 2006
10:20:44

Hallo Neels se Lappies!! Wat 'n "rein" gedagte (soos boetie Bouts) sou sê - 'n Borstlap - webblad! Ek is beindruk - julle is soos die Amerikaners - moet alles GROOOOTER doen! Wel julle is 'n GROOOOOT gesin en het beslis die hele internet nodig om julle doen en later af te "show". Dit was 'n groot plesier en het my ten minste 'n uur besig gehou en in die volgende week, gaan ek weer en weer en weer kyk. Dis so mooi het sommer trane in my oë gekyk. Julle ouens weet waaroor die lewe gaan en hoe om hom te leef, verseker 'n inspirasie vir ons almal. Die 2 Francisse is hard besig om gereed te maak (die ma in elk geval) vir die groot uittog oos na Australie. Die naweek Afrikaanse leesstof en musiek opge"stock" om vir die verarmdes daar saam te neem. Celeste sê haar ma sê sy praat nie meer ordentlike afrikaans - dis net 'n ma en skooljuffrou wat dit sal kwytraak. Vincent het 'n baie mooi rapport vir die meeste vakke het hy in die hoë 60's en 70's - sy punte is in elk geval baie beter as wat sy ma s'n was toe sy in St 4 was! Nou lê Gr 7 voor en dan hoërskool en as ek my oë uit vee, vlieg en bou my kind dalk vliegtuie! Terwyl ek weg is moet julle tog asseblief so af en toe vir Moeder Marihen bel dat sy nie te alleen is nie - ek gaan haar baie mis as ek daar by my boetie kuier, want ek weet hom verlang sy na hulle. Aan die hele Borstlap familie en aangetroudes en vriende van familie; mag julle 'n vreugdevolle fees seisoen beleef. Geniet die vakansies by die see of in die berge of by die huis, ry veilig en rus baie!! Baie liefde, Elschen

Dankie liewe Elschen.  Geniet die Ausie-vakansie.  Ons sal alles in die LASLAPPIE sit as jy terugkom.


Friday, 01 December 2006
18:40:31

Liewe mamma en pappa Ek dink julle het 'n asemrowende website gemaak . Alhoewel dit nog nie so heeltemal klaar is nie is dit Pragtig. Ek sal uure en ure op hierdie website kan sit en werk of selfs net lees Liefde Johanei



Author information goes here.
Copyright © 2001 by [neels&hanlie borstlap en kinders]. All rights reserved.
Revised: 03/06/12 07:42:53 +0200.