Borstlap en Borstlap verwante nuus . . .
ISIDORA VORSTER AAN DIE WOORD . . .
In hierdie uitgawe
Dora aan die woord . . .
1
Basson-nuus
2
Anton, Heila en Nicolaas
3
Nuus oor Dawid
4
ONS HET ‘n NAAM!!!
5
Ander nuus
5
Volgende week in LASLAPPIE. . ..

5




NOVEMBER  VERJAARDAE
3
Marietjie Bester

4
Heila v Niekerk

7
Cherish Roodt

19
Bessie 

24
Lohan Borstlap
LASLAPPIE
27 Oktober 2006
Uitgawe Vier
Gegroet hier uit 'n warm Nelspruit. 
2006 is amper verby. 
  Ons bekommer oor baie dinge, maar tog voed Onse Hemelse Vader.
Dawie werk by Corridor Cupboards en werk fisies baie hard. Hy moes sy sersant kennis afstof om 6 handlangers wat gou op skroewe leun, te hanteer.
  Ek monitor by 'n skool in Barberton. Mpumalanga Onderwys departement is by die maand van rekenskap en die Gr12's is by die eksamen tafels. Verstom my dat 50% van leerders tussen 20 en 24 is, en matriek skryf.
  Ons twee kleinkinders is pragtig en ouma- en oupa-skap pas ons. 
Na die ernstige siektes van Joalize gedurende April en Mei, het die klein pop nou op waggelbeentjies begin stap.
  Nicolaas geniet dit vreeslik om in Ouma Doja se tuin water te spuit as hy kom kuier.
Hulle is altwee peuters met energie en ontdekkingslus en weet selde om betyds op te hou.
  Ons is baie jammer dat ons nie Johannes se verjaarsdag kon bywoon nie.
Die rolprent kamera het kosbare herinneringe van Plot 123 diep uit die onderbewuste gehaal en ons het dit vreeslik waardeer.
  Onthou dikwels die somermaande op die grasperk voor die huis, son sak en netnou is dit donker genoeg om die Sputnik in die hemel te sien
  Hou asseblief die naweek van 7 Januarie 2007 oop. Dawie word 60 - Stuur binnekort julle uitnodigings.
 Ek groet met Rom 15:13 
“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vind.”
 Groete, Dora & Dawie
Trotse Oupa Daaf en Ouma Doja saam met Nicolaas en Joalize op haar doopdag
Dankie Vorstertjies julle LASLAPPIE lyk FANTASTIES!!!  Dis vol lekker nuus en pragtige foto’s.  
So moet hy elke week lyk!!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Is dit nie merkwaardig hoe kinders ‘n mens se lewe verander nie.  Ek sal elke week vir julle iets oor Joalizie kan vertel, en al wat ek weekliks oor my en Johan sal kan sę, is watse vreugde sy in ons lewe is.
 
Sy het Sondag haar eerste troeteldier-tjie gekry.  Jan het Worsie bloed maar lyk vir my maar na een of ander nuwe ras.  Hy is nou ses wekies oud en is vernoem na “My stoute hondjie Jan” in Carike se kinder CD waarna sy gereeld luister. Dit het aanvanklik goed gegaan, maar toe sy Maandag oggend opstaan het die groen duiwel van jalosie haar gepak, wou sy niks van Jan weet nie en blou moord geskree.  Ek het begin sidder vir die dag wat daar ‘n boetie of sussie moet kom.
 
Dit gaan darem al klaar beter. Sy en Jan het mekaar gisteraand deur die huis gejaag.  Die fotos is Sondag geneem, en gistermiddag het hy in my skoen gelę en slaap.
 
Basson Groete
Johan, Cornelia en Joalize
Basson-groete
Uitgawe Vier
Page #
Vorster gesin en lappies in Mei by Safari Kwekery in Pretoria met Cornelia se verjaarsdag

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Anton, Heila en Nicolaas
Page #
Ons Van Niekerk's het hierdie jaar al baie hoogtepunte gehad, maar 2 was beslis ons Mosambiek naweek in Augustus met die quads, en verlede week in Namibie.
Ek kan nog net nie besluit wat is lekkerder, 'n naweek weg sonder Nicolaas of 'n week saam met hom en die geluk wat jy ervaar wanneer jy sien jou kind geniet homself uit sy hart uit...Ek dink die mammas sal verstaan wat ek probeer sę.
 Ons groep van 25 het met bakkies en sleepwaentjies tot in Maputo gery, vanwaar ons met net die quads en 2 bakkies op die fairy is. Aan die anderkant het 'n vreeslike wind en 130 km voorgelę. By Ponta De Aour aangekom het ons heerlik gekuier, geeet, nog motorfiets gaan ry in die sand duine en lekker op die strand gelę en jet-ski gery. Dit was nou regtig 'n lekker mid-year wegbreek.
 Namibië was 'n belewenis - en ek en Anton het veral vir Nicolaas geniet wat homself so gate uit geniet het.
Wanneer die voertuie gestop het om vir mekaar te wag, al sou ons nie uitklim nie, was Nicolaas se eerste woorde "Mamma gaan ek nou weer bietjie jekke peel in die sandjies?"
Ons het ongelooflike hoë duine uitgery, en ek het darem ook 'n beurt gekry om die Cruiser se wiele in die lug oor 'n duin te laat ry en amper ook die kar omgegooi.
Wanneer ons vasgesit het, en iemand ons moes kom uitsleep het Nicolaas gevra, "Mamma het ons nou gehaak?"
Vir ons wat gewoond is aan die groen Laeveld was die sand op sand op sand weer 'n ander mooi, met dan nog die bonus van die ongerepte kuslyn. So mooi dat die koue soutwater stort ons nie eers afgesit het nie. Behalwe vir Nicolaas. Hy het verkies om met die sand tot in sy ore en ooglede te speel eerder as bad.Dus was badtyd elke aand 'n oorlog.
Nicolaas kon ongelukkig nie saam met ons grootmense by die hoë duine met borde afgly nie, maar gelukkig was daar groot klein maatjies wat aangebied het om hom op die bord rond te trek, en dan wanneer hulle net op spoed is dan rol hy af in die sand en kraai van die lag - hy het dit vreeslik geniet. 
Wel nou's ons weer terug na normaal, of amper normaal as al die agerstallige werk eers weer ingehaal is, want as jy mos vir 'n week weggaan, is daar skielik 3 weke se werk as terug kom.
 Hoop dit gaan goed met al die Lappies en Los Lappies.
 Gieters en emmers vol liefde, Anton, Heila & Nicolaas
Ek het skoon vergeet om te vertel van Nicolaas in die moddergat.Daar in die woestyn kry ons toe mos 'n gat met bietjie water in.Nicolaas en sy maatjie Dante besluit toe om sommer daarin te spring.Nie lank nie toe moes Anton se graaf van die Cruiser afhaal om die gat nog groter en dieper te maak.Die twee het lekker gejol en toe ons weer sien toe waai die klere en hulle draf altwee daar rond in hul doeke.Kyk net ons klein atleet

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Go Dawid!!!
Heila skryf……

Dawid lyk baie goed. Het omtrent 30 kg verloor en gym elke dag 2 ure. Hy's nou sommer ook Anton se nuwe "personal trainer" en kwyt hom goed van sy taak.

Mooi so Dawid!  Jy is ‘n inspirasie vir ‘n hele paar van ons.
Ouma Dora en klein Lisie
Oom Daaf en Nicolaas
Van Niekerks in die Woestyn
Van Niekerks by Visrivier Canyon
Van Niekerks by Kolmanskop naby Luderitz

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons soek ‘n lekker familie klingel vir LASLAPPIE?
Lohan maak 14 November klaar met eksamen
ONS HET ‘n NAAM!!!!
Ja nee kyk, die spreekwoordelike “GREAT MINDS THINK ALIKE” is nou wraggies by hierdie familie waar.

Dankie, dankie, dankie. . . julle het      amper almal voorstelle vir ‘n naam     gestuur en soos julle kan sien het die meeste gevra vir LASLAPPIE?

Elschen se motivering hiervoor was baie spesiaal aangesien sy voel dit verwys na Ouma Heila wat altyd gepraat het van die LAPPIES.  Die LAS is dan vir die aanmekaar Las van die  Lappies se nuus vir hierdie lekker blad.

Dus, liewe familie en vrinne, ons blad se amptelike naam is nou die
Volgende week in Laslappie . . .  alles en nog wat uit Piet Borstlap se familie se penne 
Petrus het laat weet hy werk regtig baie hard.  Ry baie ver afstande om te network met sy personeel.  Ons dink aan jou Bouts!.  Sterkte vir julle!!
Marion en Johan sę BAIE dankie vir die mooi wense . . .  Hulle is so dankbaar om julle almal te kan ken !!!!

As jy weet van enige familie, vriende of familie van vriende wat nog nie op ons adreslys is nie wat ook graag wil saam lees en gesels, stuur die adresse     asseblief na LASLAPPIE se e-posadres wat hanlie64@telkomsa.net is.
LASLAPPIE
Posbus 90, 
Somerset Mall,
 7137
Tel: 021 8522954
Fax: 021 8522954
E-mail : hanlie64@telkomsa.net
Neels het verlede Saterdag by Atlantis  sy Prado gaan leer om duine te ry en hom toe ook sommer in die proses geleer om te VLIEG!!!!  Hoe’s daai vir julle vir ‘n aksiefoto?  C.J. was die fotograaf. 
LASLAPPIE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[hoofblad]   [gasteboek]    [kontak ons]   [Laslappie]    [Borstlap stamboom]

 

This page is created and maintain by Neels Borstlap


2009/04/08