LASLAPPIE
Uitgawe  18
2 Maart 2007
Maart 
Verjaardae

14
Johannes Borstlap
0825514809


17
Martin Grobbelaar (Jnr)

23
Eben Fourie

31
Ouma Marie Botha
Antonette Pretorius

My liewe familie en vriende

Hierdie was n hartseer, intense week.

Ons opregte meegevoel aan Pieter en Monica en Juan Grobbelaar wat hul liefling dogter en sussie, Ianette aan die dood moes afstaan.

Ons bid dat die Here julle sal vertroos en sal versterk vir die lewe wat nou vir julle voorl.

Ianette se begrafnis sal op Dinsdag 6 Maart om 10:00 in Bloemfontein plaasvind.

Verder liewe familie het ek niks nuus       ontvang nie.  Ek neem aan julle het almal baie hard gewerk en nooit by julle         rekenaars uitgekom nie.

Volgende week behoort ons weer n bietjie nuus te h want party van ons lesers was bietjie weg en het sekerlik vir ons fotos saamgebring.

Ek wens julle n wonderlike week vol liefde en baie genade toe.

Liefde
Hanlie
Onthou om vir my julle verjaardae te stuur.  Ek wil graag ALMAL se verjaardae h.  Net Bessie het al vir my n lang lys van haar familie gestuur.  Dankie Bessa.  Stuur vir my die verjaardae, al is dit ook net jou eie.  Ek sal dit dan op my kalendertjie neerpen sodat ons almal aan jou kan dink op jou verjaardag.
Volgende week se LASLAPPIE behoort aan die JONGMENSE!!  Kom ons kyk wat gebeur. . .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[hoofblad]   [gasteboek]    [kontak ons]   [Laslappie]    [Borstlap stamboom]

 

This page is created and maintain by Neels Borstlap


2009/04/08