LASLAPPIE

Kersfeeswense uit alle oorde . . . Desember
Verjaardae
9
Johanei
22
(Ouma Heila)
My liefste familie, vriende en vriende van familie

Sjoe maar hierdie is n spesiale uitgawe!  Ek het alweer so gesit en grens met elke mail wat ek oopgemaak en gelees het.  Ek s vir Neels hierdie is n together familie.

Baie dankie vir al die Kerswense.  Mens kan sien dat elke boodskap  uit julle harte kom.  My wens aan elkeen van julle is dat julle ware vrede en geluk saam met julle geliefdes sal ervaar in hierdie wonderlike tyd waarin ons die geboorte van ons Verlosser, Jesus Christus herdenk.

Dis n  wonderlike wete dat my familie en vriende weet waar hul saligheid l en dat ons almal hierdie feestyd kan vier met Christus as die middelpunt.Geniet die samesyn, en as jy dalk alleen is, weet dat ons in die gees met jou is.  

So ongeveer 3 weke gelede het ek en Neels deur Haroldsbaai gery en ek het n kosbare herinnering beleef.  Toe ons nog pas getroud was het ons op n Kersdag by die telefoonhokkies van Haroldsbaai al ons familie gaan bel om senwense oor te dra. Nie net daaroor nie maar ook om hulle stemme te hoor, want ons het julle almal baie lief.  Kom ons maak hierdie jaar n punt daarvan om nie net n sms te stuur op Kersdag nie maar om mekaar te bel en daardie persoonlike kontak te behou.

Ek kan maar net sing :  Soos n wildsbok wat smag na water, smag my siel na U, o Heer. U alleen is my hartsverlange en ek bring aan U die eer.   U alleen is my krag en skild, aan U alleen wy ek nou myself.  U alleen is my hartsverlange en ek loof U as my Heer!

Geniet die Laslappie, dis werklik spesiaal hierdie week.
Lief vir julle almal
Hanlie


Uitgawe  10
8 Desember 2006
Liefste  familie en vriende.  
Mag dit n wonderlike kersseisoen vol liefde en vrede wees en mag die nuwejaar net groot oomblikke inhou. 
Liefde Sune en Wicus

Gesende Kersfees en gelukkige 2007 vir   almal
Groete
C.J.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Page #
"Blom daar waar jy geplant is, in 2007" 		

Die persoon wat dit s vertel die volgende storie: "Op 'n dag was daar 'n klipkapper wat elke dag groot rotse in kleiner klippe opgekap het. Terwyl hy so hard in die son gewerk het, het die koning in 'n oop koets verbygery en gekyk hoe al die klipkappers werk. Die klipkapper het heimlik gewens dat hy die koning was, want hy was dan so magtig!

Tot 'n fe eendag haar verskyning maak en sy wens waar word. Die klipkapper was koning! Nou het hy in die oop koets gesit en gekyk hoe almal werk. 
Maar gou het hy verveeld geraak en besef dat die son sy kaal kop seer brand! Hy het gedink "die son is magtiger as ek. Ek wil eerder die son wees."

Weer het sy wens waar geword, Magtig en sterk het hy alles op die aarde warm gebak en sy strale oor mens en dier laat skyn. Maar toe skuif daar 'n groot renwolk voor him in, wat verhoed dat sy strale op die aarde skyn. "Ag, het hy gedink, die renwolk is magtiger as ek! Ek wil eerder 'n renwolk wees..."

Weer het sy wens waar geword, Die renwolk het sy druppels op die aarde laat val en gras en blomme laat groei en rivier laat vol word. Maar die groot rots langs die rivier het onveranderd daar bly staan. "Ai, het die renwolk gedink, die rots is magtiger as ek, want my water kan niks aan die rots verander nie.

Ek wens ek was 'n rots." Weer het sy wens waar geword, Die renwolk was 'n rots. Maar kort voor lank het die klipkappers gekom en die rots begin opkap ...

En in skaamte het die rots onthou dat hy lank gelede 'n (ontevrede) klipkapper was!

Dit lyk dikwels vir ons of ander mense se omstandighede makliker of lekkerder as ons eie is. Dit laat ons ontevrede voel. Maar God het jou met 'n spesifieke doel geplant waar jy nou is. En dis jou eie keuse om te blom of te kwyn.

Mag Jesus se liefde, Kersfees 2006 op julle almal ren! 

Mag Sy liefde verseker dat ons in 2007 BLOM waar ons geplant is!
 
Mag 2007 jou beste jaar ooit wees!
 
Baie Liefde
Johan, Cornelia en Joalize

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Liewe Familie, Kollegas en Vriende,
Graag wil ek die volgende met julle deel.    Hierdie was weer een van daardie jare wat net     eenvoudig by jou verbygesnel het en voordat jy jou kom kry, dan vrae almal vir jou waar gaan jy heen vir Kersfees? Dan    besef jy, maar die jaar is verby en dit is       alweer tyd om Jesus se  geboorte te herdenk.

As jy dan gaan stil sit en bietjie nadink oor alles wat met jou gebeur het goed of sleg,   beproewing of ekstase, dan besef jy weereens hoe gesend jy eintlik was die jaar met al die goeie tye en ook met die slegte tye.

Ek wil net graag vir julle almal n wonderlike Kersfees toewens, maak nie saak waar julle is, of saam met wie julle is nie, Gaan sit net stil vir n oomblik en dink na oor alles  en besef weereens hoeveel seninge mens elke dag ontvang. En daarom s ons in hierdie tyd weereens baie dankie aan ons        Hemelse Vader wat vir ons sy Seun gestuur het om op die end vir ons sondes te betaal aan die kruis.

Onthou lewe voluit elke dag want dit is wat Hy van ons verwag want ons tyd is kort .

Ons as familie is in Ballito daardie tyd en   beplan om net voor nuwejaar terug Evander toe te gaan

Kers Groete

Johannes   
Page #
Liewe Almal
Mag hierdie Kersfees vol vreugde, vrede en sen wees! 
Mag al jul wildste drome volgende jaar waar word! 
Rus lekker uit hierdie vakansie en wees VEILIG, veral op die paaie! 
Baie liefde Elschen.
Gesende kerswees, van Vincent
Liewe familie en vriende
 
Ek hoop julle het almal 'n baie geseende Kersfees en oorstromings van voorspoed in die nuwe jaar.
 
Ek is gereed vir enige een wat sou belangstel om vroeg in die nuwe jaar 'n paar kilo's af te skud na die groot partytjie. Laat weet net tye en venues.
 
"n Spesiale aanbod vir familie en vriende: Ek stuur vir julle elkeen 'n gratis dieetplan en oefenprogram met komplimente
van Dawid Personal trainer.
 
Liefde

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kerswense uit Mari se harthuis

Aan my gesin en familie, my hart is soos n huis. Dit het kamers met vensters en deure en n groot stoep met n wilgerboom in die voortuin. Om my kerwense vir julle, die mense wat ek so              onverwoordbaar liefhet oor te dra vertel ek julle graag van hoe dinge op die oomblik in my hart(huis) lyk.

Hierdie kersfees staan daar in al die vensterbanke deur my (huis) n kers wat snags en bedags vir    elkeen van julle brand. Ek steek die kerse aan met gedagtes en gebede vir julle, my familie.

Teen my (huis) se mure is daar wense aan elk van julle geskryf. Wense wat bid dat di Kersfees en ook 2007 gevul sal wees met helder kleure, lag, onthou, vergeef, blomme, lekker kos, middagslapies wat ten minste twee ure inhou (nie powernaps nie), verrassings, mooi musiek, dankbaarheid, uitdagings en sukses. Teen my voordeur is daar egter aan n gevelgte krans uit wilgertakke met rooilinte briefies vasgebind. Hierop het ek die belangrikste wens van almal sewe keer neergeskryf: mag ons mekaar in 2007 verdra, troos en onvoorwaardelik liefh . Want soos Kahil Gibran skryf:                   Wanneer ons waarlik liefhet, moet ons nie s : God is in my hart nie eerder moet ons s: ek is in die hart van God. Bloot omdat God se (hart) en liefde so so grt is.

Op my stoep het ek vir elkeen van julle n stoel neergesit met die gedagte dat ek hoop dat jy hierdie jaar en kersgety sal tydmaak vir ontspan en stilraak. Dat jy gereeld die jaar n die kans sal kry om, op n stoep of inn tuin, na ons skone natuur te kan kyk.
Want julle almal verdien tyd vir stilwees en nadink maar ook vir verwondering.

Laaste maar nie die minste nie, vertel ek julle van die wilgerboom in my voortuin. Hierdie groot groen wyse reus herinner my aan die wonder van groei. 2006 het in my persoonlike lewe groot seer maar vanselfsprekend groot groei gebring. Ek staan onder my wilger met sy gordyntakke en bind n rooi strik om sy stam as simbool en wens dat julle in 2007 sal groei en ontdek. Dat julle sal volhard in dit wat goed is en julle drome sal najaag ten spyte van God se snoeiskr wat ons soms verwar en seermaak.

My liefste gesin en familie ek hou julle naby, in my hart(huis) vol wense in hierdie kersseisoen.Gods rykste sen			     Mari
Page #

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Page #
Liewe Laslappies en verwante
 
Ons wens julle almal 'n baie gesende     Kerstyd toe. Mag julle die Liefde en goedheid van God ervaar.
 
Mag elkeen van julle die Kerstyd saam met iemand spesiaals wees, want dit is tog eintlik waaroordit gaan... samesein met familie en vriende.
 
Vir die wat alleen is, ons sal aan julle dink en 'n spesiale engeltjie stuur om die hele dag by jou te wees.
 
Ons dink ook spesiaal aan Ouma Heila vir wie ons nie die jaar sal kan bel nie. Ons is lief vir jou Ouma en ons weet dat Kersfees daar in die Hemel nog baie mooier is as hier by ons.
 
Gieters en emmers vol liefde
 Anton, Heila en Nicolaas.









Vir al die spesiale mense in my lewe, onthou: Die lewe is kort-
Maak tyd om mekaar lief te h, verhoudings te herstel, foto      albums deur te blaai, te lag oor gister en te droom oor more. 
Lewe vir vandag en moenie spyt wees oor dit wat jou laat glimlag nie. 
Mag hierdie Kersfees vir julle  almal baie spesiaal wees.
 
Groete
Santie Borstlap
Geseende Kersfees
Jesus se verjaarsdag is net om die draai.
Ek hoop julle almal het n WONDERLIKE Kersfees.
Mag die Here met julle wees en mag julle n wonderlike nuwe jaar h.
Wel dit los my met 2 woorde.
GESENDE KERSFEES!
GROETE 
JOHANEI BORSTLAP

Mag die Vader elke lid van die familie Sen hierdie  Kersfees en mag julle in die nuwejaar die omgewing van die Koninkryk ervaar waar die Vuur- en die Rookkolom aktief is. Francois en Fantine
ONTHOU JOHANEI VERJAAR SATERDAG : 0784122272

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog n jaar is stadig maar seker verby! 
Wat n vooreg om saam met die Laslappies dit te kon deel vir soveel jare. 
Wat n vooreg om nog geseend te wees om dit saam met julle te kan deel "soveel herinneringe" wat geen geld in die wreld kan koop nie. 
Dankie vir al die bystand met ons probleme deur die jaar wat julle aan ons gegee het toe ons dit nodig gehad het.  Al julle gebede. Sonder dit was daar nie n liggie nie! 
Vir almal, n wonderlike feestyd en n voorspoedige 2007! 
Lewe voluit en maak die beste daarvan, ons word almal n jaar ouer, dit is die slegte deel van die saak, maar terselfder tyd word ons wyser.
Dankie liewe Heer vir die wonderlike mense wat U op ons pad gestuur het ons sal jou ewig dankbaar bly. 
Al julle jong Laslappies:  julle is almal cool!  Mag daar n wonderlike toekoms vir julle wag. 
Liefde, die aangelaste Laslappies.         
Al die Mussmanns van Oos-Londen
Page #

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit voel snaaks om te se Geseeende Kersfees as n mens so ver van jou familie en vriende is, maar uit die diepte van my hart wens ek vir een en elk n wonderlik dag  en n geseende nuwe jaar toe.  
Dis tye soos die wat ek baie na my familie verlang en wens dat julle nog nader as n telefoon oproep is. 
Mag die herdenking van ons Vader se geboorte julle harte met vreugde en opgewondenheid vul oor alles wat ons in Hom is.  
Baie lief vir julle almal !!!!!  
Celeste

Hello ons familie. 
Ons herdenk die geboorte van Jesus! 
Baie stry oor die datum, maar vir my maak die fisiese datum nie regtig saak nie. 
Ek dink daaraan dat ons Saligmaker gebore is omdat elke een spesiaal vir Jesus is en Hy, soos n pa voor n regter, vir ons elkeen instaan voor God. 
Wat n gedagte! 
Ons, Sy kinders, het die     erfenis nie verdien nie. 
My gebed vir elkeen van ons  almal is om God se ganade    opnuut te besef in hierdie feesgety an dat Hy ons elkeen sal sen met dankbaarheid in ons harte en opnuut die      behoefte om gehoorsaam te wees in ons innerlike sal laat ontvlam! 
Ek is baie lief vir julle    almal, verlang verskriklik baie en voel hartseer om ons eerste Kersfees ver van my familie af te vier.
Liefde
Boeta
Page #

Liewe Almal, hoe s mens Merry Christmas? 
Gesende Kersfees! 
Ek verlang na julle, en ek wil net vir julle se, ek wil so graag julle weer sien. 
En ek sal eendag terug kom om vir julle te sien en Geseende Kersfees te s 
Ouma Carol, ek is baie lief vir jou en ek hou van oupa se werk. 
Ouma Marihen, bly jy lekker by Vinnie en Elschen? 
Gaan Ouma oraait wees alleen vir Kersfees en moenie worrie nie, ons is altyd in jou hartjie. 
Stuur liefies vir Rolo.
Liesl

Babla Sandy oubela labalabyt  Dit beteken Sandy (die Jack Russel) het my gebyt. Enige iets wat seer maak word so aangespreek.
Zane

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kersfees  dit laat my altyd dink  dink aan twee goed  maar deesdae aan drie - vergifnis en dankbaaheid.  

Dit is ook wat ek graag met jou wil deel in hierdie tyd van die jaar wanneer dit weer Kersfees raak.  

Vergifnis het ek ontvang van my verlosser, Jesus.  Vergifnis vir al die sonde in my lewe.  Vergifnis vir al die lelike goed wat ek doen en s.  Ek weet dit, ek glo dit met my hele hart, siel en hoop dit met geloof wat     gebou is op die liefde.  Die liefde van my Hemelse Vader.  Want die grootste van alles is die liefde!  Is Hy jou verlosser? Kan jy ook s sonder om te skroom dat jy Sy vergifnis ontvang het? As jy nie kan nie maak jou saak reg met Hom.  Dink n bietjie daaroor.   
Dan is Kersfees se vergifnis vir my iets wat ek teenoor die mense rondom my doen.  In die tyd wil ek graag almal vergewe, die mense in my gesin, my groter gesin soos familie, vriende, die mense wat vir my werk en saam met my werk, die mense in my gemeenskap, die mense by wie ek koop en verkoop.  Ja, vir my is Kersfees n tyd om vergifnis op nuut te aanvaar en dit op nuut uit te deel.  Ek deel dit dan graag met jou en wil vir jou s ek het jou vergewe.

In die tyd dink ek ook baie aan dankbaarheid.  Natuurlik is my hart vol dankbaarheid oor die vergifnis wat ek van God ontvang het.  Ek raak in die Kersfees tyd baie daaroor bewo as ek net dink aan wat Hy vir my   gedoen het.  Dit maak my hart dan ook vol dankbaarheid teenoor die mense rondom my.  Jy is een van hulle en ek is baie dankbaar om jou te ken en jou deel van my lewe te h.  Dankie dat jy my die ruimte gee om te wees wat ek is en dankie dat jy jou met my bemoei.  

My wens vir jou hierdie Kersfees is dat jy die vergifnis en dankbaarheid sal ervaar in so n mate dat jy sal begin sing: 									Die Here is my herder,
ek kom niks kort nie. 
Hy laat my in groen weivelde rus.
Hy bring my by waters waar daar vrede is 
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam 
Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my. In u hande is ek veilig. 
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my testanders moet toekyk.
U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid 
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis
wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.  

Vanjaar is die tweede jaar wat n derde gedagte voortdurend in my maal.  Dit is die           herinneringe aan my Mamma en ons almal se Ouma Heila.  Dit is natuurlik omdat sy in die tyd verjaar.  Mari het eendag nadat sy vir ouma in haar kamer gekuier het die volgende     gedig geskryf. Dit heet Sys Oud Nou Ek dink hierdie Kersfees weer besonder baie op    hierdie wyse aan haar.  Ek hoop as jy dit lees sal dit iets van haar in jou   gedagtes oproep en dat sy sal voortleef in jou hart soos in myne.     
Gesende Kersfees.
Lief vir julle almal
Neels
Page #

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Aan almal tydens Kersfees:
Oggie s:
Mag God vir jou die lig van 
Kersfees gee wat geloof is;

Die warmte van Kersfees wat
Liefde is; die luister van 
Kersfees wat reinheid is; die 
Geregtigheid van Kersfees wat
Regverdigheid is; die geloof
 In Kersfees wat waarheid is en 
die volheid van Kersfees wat 		Henko s:
Christus is. 			Al is ons Borstlappe nie 
bymekaar nie, hoop ek julle het `n wonderlike en blye tyd en  ek dink aan julle in hierdie tyd. Lief julle almal.

Pieter s:			
Die plek wat die skaapwagters gevind het, is waar drome waar geword het.  Mag almal hierdie droom beleef en sy liefde ervaar.  Gesende Kersfees almal en ek wil net s dat ek sien julle almal net te min. 
Page #

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Page #

Cili s:

Dra die vreugde, wonder en liefde van Kersfees in jou hart en straal dit uit, want om Kersfees onder die boom en onder al die geskenkpapier te herken is moeilik.  Vir almal wens ek `n Gesende Kersfees en dat ons die ware geskenk van God in mekaar sal vind.  Baie lief vir julle almal.

Maryna s:

Desember is `n maand wat liefde hoop en vreugde bring maar soms vind jy jouself by die kersfeesboom sonder `n persent.  Hier is `n paar riglyne hoe om die lewe ten volle te lewe sodat, die geskenke nie elke jaar met kersfees kom nie, jy sal dit elke dag op snaakse plekkies in jou lewe kry as jy daarvoor soek .........
Wees goed vir mense
Wees braaf en s jy is jammer
Respekteer die onskuld van `n kind
Kyk na die natuur, beskerm dit en asem dit in elke oggend...
Kyk buite jouself en maak `n verskil
Wees deel van die oplossing nie die probleem nie
Kies vrede bo irritasie
Vergewe iemand wat jy nooit gedog het jy sal nie
Vergewe jouself
Luister na jou intuisie dit is partykeer die stem van God
Wees eerbaar maak nie saak wat nie
Deel stiltes.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Page #
Pa Pieter s:

Mag elkeen van julle iemand h om voor lief te wees op Kersdag.
Mag elkeen van julle iemand h wie julle sal mis as hulle nie by julle is nie. 
Mag julle lag en huil en mag julle die geboorte kan vier van ons wonderlike Vader in die Hemel. 
Mag ons almal saam net vir een dag nie net die geboorte vier van die Hemelse Vader nie maar ook die wat deur Hom weer gebore kon wees! 
LASLAPPIE GAAN MET VAKANSIE
Die Laslappie gaan nou met vakansie so ook seker die meeste van sy lesers.  Maar volgende jaar op                    12 Januarie sal daar beslis weer nuus wees.
Teen 12 Januarie moet almal ten minste 1 vakansie    storie instuur met fotos aangeheg.  Dit is nou Kersetes, Nuwejaarspartytjie, familiebyeenkomste, verjaardae ens. ens.
Ook in die volgende Laslappie n heel nuwe lekkerte genaamd Onthou jy nog?  Ek sal later meer daaroor s
Goeie More Familie!!! 
Ek moet julle almal nou seen!! Well gesende Kersfees en n ongelooflike nuwe jaar vir julle almal!! Gaan baie van julle sien na Kersfees want ek gaan kom kuier want ek is klaar met skool HA HA HA HA!!!! 
Elk geval geseende kersfees!!!!  
Sien julle binnekort. 
Liefde
Lohan

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Page #
Ouma Sannie Greyling word 85


Die familie het in volle sterkte opgeruk vir ouma se verjaarsdag.
Ons was almal daar behalwe Fanie en Sanet wat ander verpligtinge (eksamen!!!!!) gehad het. 

Die tannies het van tienuur af begin aankom vir 'n eetdingetjie en tee. En so het dit die hele dag aangegaan. Daar was seker omtrent 30 vriendinne deur die loop can Saterdag.
 
Sondagoggend het ons saam met ouma na die Kerssangdiens toe gegaan en daarna was dit tyd vir die groot eet! 



Dit was so lekker om almal weer saam te kuier en te gesels. 

Ons familie gryp ook enige          geleentheid aan om saam te kuier. Maar hierdie dag was darem baie  spesiaal en ons is almal so     dankbaar dat ouma Sannie nog so gesond is. 

Baie geluk Tannie Sannie, van al die Laslappies af!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[hoofblad]   [gasteboek]    [kontak ons]   [Laslappie]    [Borstlap stamboom]

 

This page is created and maintain by Neels Borstlap


2009/04/08