Met Petrus, Celeste, Liesl en Zané gaan dit ook baie goed.  Petrus het hierdie pragtige fotos vir ons gemail.
Die “acting” gene slaan maar oral deur as mens so na al die foto’tjies kyk.
hanlie64@telkomsa.net
hanlie64@telkomsa.net
Borstlappe en Borstlap-
Verwante . . .
FAMILIE-NUUS
Liewe Familie en vriende en vriende van familie, dit is nou al amper ‘n jaar lank wat ek met die gedagte van ‘n internet / e-pos / online / nuusblad vir ons familie en vriende en vriende van familie loop en speel.
Verlede week het ek ‘n toets gedoen met ‘n e-pos aan my gereelde kontakte per e-pos en dit het soos ‘n BOM gewerk.  Ek het gevra dat almal ‘n klein stukkie nuus moet stuur en ek het sowaar van feitlik almal nuus ontvang.  Dit was so heerlik.
Ek wil dus nou hiermee ons eie amptelike        FAMILIE NUUSBLAD (wat nou nog ‘n cool naam moet kry) begin.  Julle stuur vir my nuus en fotos en staaltjies en verhaaltjies ens op ‘n weeklikse basis na my e-posadres.  Ek sit dit in ‘n “sexy” nuusblad-vorm en forward dit dan weer aan die hele familie.
Ek weet ons kan sommer almal vir mekaar skryf maar ek dink hierdie kan ‘n trotste “koffietafel”-Borstlap-item word.
Kom ons probeer.  Hoe lyk dit?  Ons begin sommer vandag.  Stuur vir my nuus oor jouself, jou gesin ens voor Vrydag en ek stuur dan die nuusblad uit op Vrydag.  Ons maak die deadline vir elke week se nuus Woensdae.   Ek sal julle weer herinner daaraan.
Enige nuus!!!  Ons is mos familie en hoor HEELTEMAL te min van mekaar.
Stuur sommer al jou familie en vriende en vriende van familie wat jy graag ook op die nuusblad se adreslys wil sit se adresse dan kan ek dit ook op datum bring.
My e-pos adres is  hanlie64@telkomsa.net
Liefde, Hanlie
Ons eie nuusblad!!!!!
Eerste Uitgawe
Elschen en Vincent was by ‘n “team building” op Badplaas en lyk my hulle was die sheriffs van die naweek.
Hulle gaan by Petrus en Celeste kuier in Desember en sien baie uit daarna.
Elschen & Vincent
Johan, Corneli 
en Joalize
Hier is ‘n foto van Johan en Corneli se pragtige pop klein Joalize.
Sy is nou al 14 maande oud, loop die wêrld vol en is ‘n klein bondeltjie
 vreugde sê Corneli.
PETRUS, CELESTE, LIESL en ZANé
Suné het vir ons hierdie foto gestuur van haar eerste opvoering by die Universiteit.  Sy geniet haar kursus baie.
Santie sê net dat sy regtig baie hard werk en min slaap.  
Suné se eerste opvoering .

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[hoofblad]   [gasteboek]    [kontak ons]   [Laslappie]    [Borstlap stamboom]

 

This page is created and maintain by Neels Borstlap


2009/04/08